Sterre

Jou sterre vir Donderdag, 5 Desember 2019

JOU DAG

Die sterre bevoordeel emosionele positiwiteit en proaktiwiteit.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy haat dit as ander mense jou aansê wat om te doen. 2020 is die jaar om die balans tussen persoonlike vryheid en bevredigende verhoudings reg te kry.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Wat 'n intieme vriendskap of 'n finansiële vennootskap betref, is die huidige situasie besig om te verander. Moenie tyd mors met bekommernis oor die rigting wat dinge inslaan nie, want dit verander gedurig.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Met Mercurius en Mars wat albei jou verwagting- en versugtingsones besoek, sal jy passievol proaktief moet wees oor jou doelwitte vir die toekoms. Moenie net daaroor praat nie. Gaan uit en doen dit!

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Wat jou werk betref, kan jy 'n besige en ietwat ontstellende dag verwag. As jy geduldig en begrypend is, sal jy op 'n koel en kalm manier, sonder enige hindernisse, deur probleme werk.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Jy is in die bui om ander mense vandag te help, Vis. Moenie die krag van die netwerk onderskat om jouself beskikbaar te stel vir opwindende nuwe vriendskappe, sakegeleenthede en ander internasionale kontakte nie.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Die planete versterk romantiese vooruitsigte en werkplekverhoudings. En jy sal sien dat hoe diepsinniger jy met familie, vriende en kollegas kommunikeer, hoe meer lonend sal die dag raak.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Moenie toelaat dat bedeesdheid hou terughou nie, Bul! Jou huidige motto kom dus van die beroemde Walt Disney, wat ook vandag verjaar het. "Al jou drome kan waar word as jy die moed het om hulle na te jaag."

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Groepsaktiwiteite, spansport en sosialenetwerkvorming word beklemtoon, terwyl jy op 'n verskeidenheid van stimulerende maniere met ander mense kontak maak. Jy kan egter emosioneel onrustig voel, so probeer om nie te oorreageer nie.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Is jy gretig om, saam met jou maat of intieme vriend, nuwe horisonne te verken? Hoekom nie 'n kampeervakansie vir die nabye toekoms reël nie, of saam 'n onderwerp wat julle al twee fassineer, ondersoek nie?

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Jupiter en Pluto moedig jou aan om jou daaglikse roetine te verbeter en te transformeer. 'n Bietjie prettige oefening in jou gewone program sal ekstra energie, motivering en fiksheid in jou lewe bring.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Jy kort vandag heelwat persoonlike vryheid en emosionele ruimte. Jy wil sekerlik nie vandag ingehok voel nie! Dit is dus 'n goeie tyd om uit die huis te kom en jou plaaslike gemeenskap te verken.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Om ander mense te help sal nie vandag soos werk voel nie. Onthou, terwyl jy 'n mens in nood help, help jy ook jouself. As jy buigbaar is, sal die dag verrassend bevredigend voel.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Soek kreatiewe en prettige maniere om uit te help in jou plaaslike gemeenskap. Maar moenie jou idees op andere probeer afdwing nie. Jy sal meer sukses behaal indien jy op 'n subtiele manier lei deur jou optrede.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM