JOU DAG
Wees geduldig, want dit sal 'n soort van stop-ry-dag wees.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy is 'n opmerksame en deeglike mens. 2020 is die jaar wanneer jy jou geliefdes moet aanmoedig om hul drome te volg.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Dinge sal nie vandag beweeg teen jou die pas wat jy verkies nie. Wat 'n kind of boesemvriend betref, moet jy seker maak dat jy hom/haar aanmoedig, eerder as om sy/haar pogings te fnuik of hom/haar te hiet en te gebied.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Die magtige Mars marsjeer deur jou vennootskapsone, dus is dit tyd om vuur te maak onder jou liefdeslewe, Weegskaal. Maar Saturnus dring daarop aan dat jy op 'n versigtige en oorwoë wyse met 'n romantiese verhouding omgaan.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Die dag sal lank en moeilik wees indien jy probeer om mense en situasies te beheer. Jy beskik oor die mag om die mense om jou te beïnvloed. Maak dus seker dat jy dit op inspirerende, hulpvaardige en aangename maniere doen.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Selfvertrouevlakke sal vandag laag wees, Boogskutter. En, wat geldsake betref, kan daar onverwagte uitgawes opduik. As jy dus nie wyslik beplan het nie, kan jy dalk uitvind dat jou geld op is.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Dit mag dalk vandag voel asof jy vasgeval het of jou perfeksionistiese streep kan buite beheer raak, Steenbok. Probeer dus om jou pas te markeer en wees ekstra geduldig. Onthou, die genot lê in die reis, nie in die bestemming nie.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Waterdraers is in die luim vir fantaseer en dagdromery, maar moenie die werklikheid buite rekening laat en belangrike kwessies vermy nie. Jy moet proaktief en geduldig wees wat 'n probleem in die buurt betref.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Dinge sal vandag teen 'n slakkepas beweeg, Visse, en dit behoort jou te pas. 'n Groepsituasie of geldkwessie sal frustrerend wees, want die resultaat wat jy sou verkies, word op die een of ander manier vertraag.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Beweeg vandag stadig oor die klippe, Ramme. Saturnus en jul heerser, Mars, vorm 'n vierkant, dus kan julle verwag dat jul energie- en motiveringsvlakke ongewoon laag sal wees. En frustrasie en ongeduld sal uiters volop wees!
BUL, 21 APR.-21 MEI
Bulle werk die beste wanneer hulle kreatiwiteit en produktiwiteit kombineer. Jul motto vir die dag kom dus van Theodore Roosevelt, voormalige president van die VSA. Hou jul oë op die sterre en jul voete op die grond."
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Dit sal vandag moeilik wees om dinge op 'n eenvoudige wyse gedoen te kry, Tweeling. Frustrasievlakke is hoog, dus is dit dalk beter om 'n projek op die lange baan te skuif en dit dan lateraan te takel.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
'n Persoonlike of professionele verhouding sal vandag jou geduld beproef en dit sal nie help om dinge te probeer aanjaag nie. Jy sal eenvoudig jou pas moet markeer en ekstra verdraagsaam en begrypend moet wees.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Stresvlakke is vandag hoog, aangesien werkprojekte, reisreëlings, sowel as herstelwerk aan 'n motor of 'n rekenaar, gedwarsboom of vertraag word. Sommige Leeus mag ook vind dat 'n ou gesondheidsprobleem weer opgeduik het.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.


















