JOU DAG
Vandag se Volmaan is in die Visse. Emosies sal dus volop wees en selfbeheersing skaars.
AS JY VANDAG VERJAAR
Die komende jaar gaan een wees van insiggewende gewaarwordinge. Hoe meer passievol en proaktief jy is, hoe beter sal die eindresultate wees.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Die Volmaan gee energie aan vennootskappe en gesamentlike ondernemings, maar dit kan ook verhoudings meer verwarrend maak. Moenie aannames maak nie. Luister mooi na wat 'n geliefde te sê het.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Gesondheid, dieet en oefening, asook emosionele en geestelike welsyn, word deur vannag se Volmaan beklemtoon. Kwessies uit die verlede kan ook opduik, aangesien onopgeloste sake dringende aandag verg.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Jy kan 'n kreatiewe en kragtige Volmaan-tydperk verwag, veral wat 'n kind, tiener, geliefde of vriend betref. Stel 'n moet-doen-lysie op. En wees dan buigbaar genoeg om dit aan te pas soos wat die dag en nag verloop.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Jy sal almal tot raserny dryf met jou ongeduldige, impulsiewe maniere - wat vererger word deur die Volmaan. Strewe dus daarna om oortollige energie na professionele projekte of huishoudelike take te kanaliseer.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Die Volmaan en Pluto versterk jou kreatiwiteit en vasberadenheid om dinge gedoen te kry. Dit is dus tyd vir slim Steenbokke om die hemelse gawes ten beste te benut. Reis word ook begunstig.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Geldsake kan goed afloop, solank jy kreatief en gedissiplineerd bly in jou benadering. Weerstaan dus die drang los en vas te koop. Het jy, wat gesamentlike geldsake betref, al die feite beskikbaar?
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Maak reg vir 'n tuimeltreinrit, terwyl die Volmaan jou teken verlig. Verwag wisselende buie en emosionele dramas. Maar daar sal ook kreatiewe inspirasie en spirituele insigte langs die pad voorkom.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Onder die invloed van vanaand se Visse-Volmaan, is dit die perfekte tyd vir nadenke. Maar weerstaan die drang om haastig te raak. As jy twyfel, verlaag spoed, kyk na binne en laat jou intuïsie jou lei.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Herevalueer jou heeltydse betrokkenheid by 'n klas, klub, groep of organisasie. Is dit nodig dat jy veel meer toewyding toon? Of is dit tyd om vas te byt en finaal weg te stap?
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Jy gaan vandag in die kollig wees, so maak seker dat dit om die regte redes is. Strewe daarna om die balans tussen kreatiwiteit en georganiseerd wees reg te kry. En moenie in die proses jou huislewe afskeep nie.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
Jy het inspirerende verwagtings en ambisies vir die toekoms. Maar moenie jou verbind tot 'n groot projek nie, tensy jy seker is dat jy die tyd en energie het om jou goedbedoelde bedoelings deur te voer.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Jou Volmaan-mantra kom van die beroemde skrywer, Roald Dahl, wat ook vandag verjaar. "Die grootste geheime is altyd op die mees onwaarskynlike plekke weggesteek. Diegene wat nie in towerkrag glo nie, sal dit nooit kry nie."
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.


















