JOU DAG
Venus is reghoekig met Uranus, so geldsake en/of verhoudings gaan onvoorspelbaar wees!
AS JY VANDAG VERJAAR
Die volgende 12 maande is die tyd om deur kwessies met geliefdes te werk. As jy sterk familiebeginsels het, kan jy enige probleem oplos en enige storm pak.
LEEU, 24 JUL.-23 AUG.
Het jy kreatiewe en beroepsdoelwitte vir die res van die jaar daargestel? Moenie hulle te veilig en verstandig maak nie! Die eksperimentele Uranus druk jou om meer avontuurlik en passievol proaktief te wees.
MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.
Kom uit jou vervelige groef en maak vuur onder jou normale roetine - selfs al voel jy nie lus daarvoor nie. Avontuur roep, terwyl jy inskakel by jou spontane sy. Dit skuil daar iewers, Maagd.
WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.
Moenie verwag dat almal vandag jou lof gaan besing nie, Weegskaal. Party mense gee nie om hoe ongelooflik kreatief jy is nie. Hulle wil net weet dat jy dinge bekwaam en betyds kan afhandel.
SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.
Verbonde Skerpioen - dit is tyd om 'n bietjie spontaniteit in 'n vaal verhouding in te blaas. Enkel en ongelukkig? Moenie alte veilig speel nie. Soek 'n verrassende persoon wat nie jou gewone tipe is nie.
BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.
Weerstaan die drang om vandag baasspelerig te raak. Jy is in die luim vir 'n groot avontuur, maar jy moenie die eerste ding wat by jou opkom, uitblaker nie. Onthou net - sommige dinge moet liewers daar gelaat word.
STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.
Moenie in 'n roetine verval en te geset wees in die manier wat jy dink die dag moet verloop nie. Met Uranus wat dinge aanroer, kan jy vertragings, wat jou op tone gaan hou, op die nippertjie verwag.
WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.
Jy voel spontaan en avontuurlik. 'n Bietjie versigtigheid word egter benodig. Anders gaan jou onvoorspelbare manewales of kontroversiële kommentaar mense ontstel, persoonlik en/of aanlyn.
VISSE, 20 FEB.-20 MRT.
Jy praat graag oor 'n huidige probleem, Vis. Maar daar kan 'n onverwagte haakplek met 'n vriend of kollega opduik. As jy buigsaam is, sal julle op die ou end 'n bevredigende oplossing bereik.
RAM, 21 MRT.-20 APR.
Jy gaan vandag fisiek en geestelik rusteloos voel; moet dus nie binne bly nie. Maak seker dat jy uit- en aan die gang kom. Doen aktiwiteite wat jou gedagtes en liggaam prikkel terwyl jy nuwe idees, vriendskappe en plekke ontdek.
BUL, 21 APR.-21 MEI
Om oormatig besitlik oor iemand of 'n besitting te wees sal vandag net tot 'n klomp moeilikheid en drama lei, Bul. Strewe dus daarna om heelwat minder besitlik te wees oor dit wat jy het en die wie jy liefhet.
TWEELING, 22 MEI-21 JUN.
Jy het tans 'n behoefte aan meer onafhanklikheid in jou persoonlike verhoudings. Maar het jy dit met geliefdes bespreek? Moenie alte reguit wees nie. Probeer om jou behoeftes op 'n taktvolle manier te kommunikeer.
KREEF, 22 JUN.-23 JUL.
As jy vandag met ander kommunikeer, moet jy nie 'n teenstrydige Kreef wees nie. Hoe openliker jy is - en meer reguit in jou benadering - hoe beter sal die resultate wees.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.
















