Sterre

Jou sterre vir Vrydag, 25 Augustus 2017

JOU DAG

Streef daarna om op 'n emosionele vlak met ander kontak te maak.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is flambojant, energiek en lief vir pret. Kry vanjaar balans tussen ander se goedkeuring en om regtig van jouself te hou.

RAM 21 Mrt.-20 Apr.

Verhoudings raak intens, maar moenie toelaat dat onvoorspelbare buie jou van familie en vriende weghou nie. Samewerking en bedagsaamheid gaan jou baie verder bring as vuurwerke.

BUL 21 Apr.-21 Mei

Moenie ander se bui probeer voorspel nie. Vra as jy wil weet hoe sake staan. Weerstaan die drang om besitlik of jaloers te wees.

TWEELING 22 Mei-21 Jun.

Vermy 'n gesloer. Spits jou toe op roetine-dagtake wat afgehandel moet word; so gaan jy op die ou end meer tyd oorhê vir kuier, sport, stokperdjies of kreatiewe projekte.

KREEF 22 Jun.-23 Jul.

Openlike kommunikasie en vriendelike gesprekvoering is vir slim Krewe die sleutel tot 'n bevredigende dag. 'n Geliefde kan jou probeer ontstig, maar onderdruk die wraaklus.

LEEU 24 Jul.-23 Aug.

Mars marsjeer deur jou teken; dus sal onverskrokkenheid jou jou doelwit help bereik. Kry inspirasie van aktrise Blake Lively, wat op hierdie dag in 1987 gebore is. "Die mooiste ding wat jy kan hê, is selfversekerdheid."

MAAGD 24 Aug.-23 Sept.

Die son en terugbewegende Mercurius is albei in jou teken. Dit is dus tyd om te analiseer, organiseer, hersien, probleme op te los en die dag met heelwat passie, doelgerigtheid en geduld kaf te draf.

WEEGSKAAL 24 Sept.-23 Okt.

Jy kan gevra word om in 'n intense situasie die bemiddelaar te wees. Gebruik jou aangebore takt om gemoedere te kalmeer en fronse uit te stryk.

SKERPIOEN 24 Okt.-22 Nov.

Dit gaan jou niks in die sak bring om die skuld vir jou probleme op ander te pak nie. Raak rustig en gee jouself tyd en kans om dinge uit 'n heelwat helderder en meer positiewe perspektief te sien.

BOOGSKUTTER 23 Nov.-21 Des.

Jy het reusagtige doelwitte, maar het jy jou geliefdes by jou planne ingesluit? As jy hulle op die hoogte van sake hou, gaan dit kreatiewe kruisbestuiwing meebring en vir almal voordeel inhou.

STEENBOK 22 Des.-20 Jan.

Weerstaan vandag die versoeking om 'n beheervraat te wees, veral by die werk. Hoe meer jy kollegas en/of kliënte steun en aanmoedig, hoe beter gaan jou werkomgewing raak.

WATERDRAER 21 Jan.-19 Feb.

Vandag kan daar onsekerheid wees oor jou privaatste persoonlike behoeftes en verhoudingsverantwoordelikhede. Doen dus jou bes om die balans tussen gee en neem reg te kry.

VISSE 20 Feb.-20 Mrt.

As jy te veel tyd aan werk afstaan, gaan 'n gesinslid, maat of vriend ontevrede wees. Jy voel dalk ook skuldig oor 'n geheim wat jy bewaar, maar jy het belowe!

Kopiereg: Joanne Madeline Moore 2017.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM