Sterre

Jou sterre vir Vrydag, 27 September 2019

JOU DAG

Weerstaan die versoeking om jou oor nietighede te bekommer.

AS JY VANDAG VERJAAR

Oor die volgende 12 maande kan jy verbasende vordering maak en heelwat vermag. Maar jy moet leer om te ontspan en jou voete op die grond te hou.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Jy is dalk vandag vatbaar vir die oortuigende sjarme van 'n glibberige jakkals. Bly by jou positiewe. En pasop dat jy nie omgepraat word om iets te doen wat jy nie werklik wil nie.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Die kragtige Pluto verhoog jou intensiteit. Dit gaan moeilik wees om koel, kalm en bedaard te kommunikeer. Maar dis 'n goeie tyd om te studeer, navorsing te doen of om 'n geheim te ontrafel.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Jy sal eerder wil ontspan en 'n bietjie sorgelose pret hê, maar moet op ernstige sake fokus wat reggestel moet word. Soos om rekenings te betaal en jou finansies in orde te kry. Rol moue op en kom aan die gang.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Verwag effense spanning tussen persoonlike aangeleenthede en werkverantwoordelikhede; jy sal moet diskrimineer. Onthou, jy is nie onvervangbaar nie en kan nie alles self doen nie.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Mik vandag na duidelike en versigtige kommunikasie met geliefdes en kollegas. Afgesonderde tydverdrywe soos meditasie, nabetragting, lees en om dagboek te hou, lyk gunstig.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Moenie die belangrikheid van netwerk onderskat nie. Dit gaan alles oor groepdinamika vir geduldige Visse. Maar probeer om nie aanstoot te neem deur wat 'n vriend of kennis kwytraak nie.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Jy is gretig om jou siening met volop passie, energie en geesdrif oor te dra. Maar as jy te erg opdringerig is, sal jy ander wegdryf. Probeer 'n sin vir perspektief behou.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Pluto moedig jou aan om in diepte en op 'n wyer manier na 'n huidige probleem te kyk. Die situasie is besig om te verander; wees aanpasbaar. Soos Bob Dylan sing: "Niks is so stabiel soos verandering nie."

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Dit is 'n goeie tyd om spesifiek te fokus op jou toekomsplanne terwyl jy vele opsies ondersoek en navors. Maak seker jy is goed voorbereid wanneer die lot roep.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Die fokus val vandag op intieme verhoudings terwyl jy ernstig raak oor gehaltetyd saam met geliefdes. Maar weerstaan die drang om by dramatiese besprekings of doellose kragspeletjies betrek te word.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Jy wil graag naam maak terwyl jy veranderings by die werk aanbring of 'n verskil in jou plaaslike gemeenskap maak. Hoe meer jy ander kritiseer, hoe meer gaan jy hulle wegdruk.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Jy het 'n neiging om obsessief te raak oor wat dalk in die toekoms kan gebeur, en om berge van molshope te maak. Probeer 'n bietjie terugstaan en mense en situasies uit 'n wyer perspektief beskou.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM