JOU DAG
Die maan, Mars en Jupiter is haaks; verwag vandag 'n paar ontwrigtings.
AS JY VANDAG VERJAAR
Jy het uitstekende idees, maar sukkel om dit aan ander mense oor te dra. 2018 is die jaar om meer gedissiplineerd te raak. Leer jouself beter ken.
RAM, 21 Mrt.-20 Apr.
Ramme kan regte vuurvreters wees, en vandag se sterre kan jou nog meer impulsief en ongeduldig maak as gewoonlik. Verslap die pas, aangesien jy waarskynlik oorhaastig en ietwat onverskillig gaan voel.
BUL, 21 Apr.-21 Mei
Het jy jou dag presies beplan? Maak gereed vir 'n paar ontwrigtende verrassings. Dinge gaan nie glad verloop nie; klou aan jou sitplek vas en verwag 'n uitbundige rit.
TWEELING, 22 Mei-21 Jun.
Is jy realisties? Dis wonderlik om mooi, groot drome te droom, maar daar kom 'n tyd wanneer jy dit in die praktyk moet omsit. Jy is geneig tot uitspattigheid wanneer jy te veel geld bestee.
KREEF, 22 Jun.-23 Jul.
Vriendskappe of groepaktiwiteite lyk vandag ietwat deurmekaar. Moenie ander mense se weergawes van gebeurtenisse aanvaar nie. Gaan dinge deeglik na voor jy 'n belangrike besluit neem.
LEEU, 24 Jul.-23 Aug.
Die huis en werk is deurmekaar. 'n Huismaat of familielid kan jou ontstel deur 'n verrassende voorstel te maak. Of 'n kollega, kliënt of koper kan jou onkant betrap.
MAAGD, 24 Aug.-23 Sept.
Haastige woorde gaan jou vandag in die moeilikheid laat beland. Dink mooi voor jy aanvegbare dinge kwytraak wat jy later gaan berou. Jy het dalk te veel hooi op jou vurk.
WEEGSKAAL, 24 Sept.-23 Okt.
Jy is vandag gretig om iets nuuts te leer. Moenie vinnige gevolgtrekkings maak nie, veral wat finansies betref. Deurdink dinge eers goed voor jy 'n groot skuif maak.
Jy gaan vandag emosioneel onstabiel voel. Jou buierigheid kan 'n intieme persoonlike verhouding nadelig raak. Berei jou voor op 'n stamperige rit.
BOOGSKUTTER, 23 Nov.-21 Des.
Jupiter en Mars jaag die toere van jou rustelose kant op. Jy gaan lus voel om mense, optredes en gelowe wat hul doel uitgedien het, af te skryf. Moenie oorreageer nie.
STEENBOK, 22 Des.-20 Jan.
Mars en Jupiter is bestem om jou dag se ritme omver te werp. Verhoudings met 'n gesinslid of vriend gaan waarskynlik deurmekaarloop. Hou styf vas en verwag die onverwagte.
WATERDRAER, 21 Jan.-19 Feb.
Te veel wrywing kan in die Waterdraer-huis voorkom, aangesien die planete probleme in jou tuistesone opklits. 'n Dubbele dosis diplomasie gaan jou goed deur die dag en nag kry.
VISSE, 20 Feb.-20 Mrt.
Jy is in die bui om jou vandag te vergryp en omtrent alles te oordoen. Dit sluit in praat, eet, sosialiseer en geld bestee. Moenie toelaat dat jou aandag afgelei word wanneer jy bestuur nie.
Kopiereg Joanne Madeline Moore 2017.













