Sterre

Jou sterre vir Vrydag, 3 April 2020

JOU DAG

Die vurige Venus beweeg tans deur die Tweeling.

AS JY VANDAG VERJAAR

Jy is 'n mens wat lief is vir pret. 2020 is die jaar wanneer jy jou uitgebreide netwerk van familie, vriende, kollegas en kennisse moet help.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

As jy verbind is, moet jy jou bes doen om die verhouding in 'n prima toestand te hou. Enkellopende Ramme - jy kan langdurige liefde ontdek via 'n aanlyn vriendskap-webtuiste of deur kontakte in die sosiale media.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Pasop vir die drang om geld uit te gee! Venus, jou heerser, beweeg tans deur jou geldsone, en dit kan 'n welkome kontantvloei-aansporing beteken. Dit sal egter nie lank hou as jy bestee pleks van spaar nie.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Venus besoek tans jou teken; dus is dit tyd om op gepaste maniere met ander mense kontak te maak en 'n paar ou gunsies op te roep. As jy op al jou silinders vuur, is dit vir ander mense moeilik om jou natuurlike sjarme te weerstaan.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

As jy alleentyd moet deurbring, moet jy jou oorgee aan 'n paar heerlike dagdrome en by jou intuïsie inskakel. As jy van die huis af werk, moet jy jou bes doen om in verbinding te bly met jou kollegas.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Gebruik jy jou kreatiwiteit ten beste? Die sterre moedig jou aan om by 'n aanlyn groep aan te sluit wat jou sal help om jou spesifieke talent te ontwikkel - of dit nou kuns, skryf, toneelspel, dans, fotografie of musiek is.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Venus besoek tans jou beroepsone. Om dus kontak met kollegas te hou sal help om die moraal hoog te hou. As jy werk soek, moet jy dit aan jou portuurgroep bekendmaak.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Venus - jou beskermheerplaneet - besoek tans jou leersone. Opvoeding, navorsing, skryf, studie van 'n taal en aanlyn klasse word dus tans almal beklemtoon.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Venus, die vredemaker, moedig jou aan om 'n intieme verhouding of 'n wankelrige vennootskap te herstel. Neem ook kreatiewe idees en skakel dit om in die praktyk. En is daar dalk iemand wat jy in jou plaaslike gemeenskap kan help?

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Jy is in die bui om op die gepaste maniere kontak te maak met familie en vriende, terwyl julle huidige nuus bespreek, stories deel en mekaar vertroos. Raak kreatief as jy onder kwarantyn of in self-afsondering is.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

Jy sal groot tevredenheid daaruit put om gefokus te wees, terwyl jy 'n gedissiplineerde daaglikse roetine volg. As jy noukeurige beplanning met produktiewe werk kombineer, sal dit tot langdurige resultate lei.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Venus, die kultuurvraat, besoek die komende paar weke jou vermaaklikheidsone. Die tyd is dus perfek om boeke te lees, na klassieke rolprente te kyk en na jou gunstelingmusiek te luister.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Venus is in jou tuistesone; dus is dit tyd om rustig te raak by die huis. 'n Verhouding met een van jou gesinslede kan ook 'n welkome hupstoot kry aangesien julle ontdek dat julle meer gemeen het as wat julle voorheen besef het.

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2020.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM