Sterre

Jou sterre vir Vrydag, 6 Desember 2019

JOU DAG

As die Maan in die Ram is, bevoordeel dit aksie, energie en entoesiasme.

AS JY VANDAG VERJAAR

Om eerlik met jouself te bly, is die sleutel tot 'n suksesvolle 2020. As jy jou intuïsie volg, sal jy onoorwinbaar wees. Moenie bang wees om op te staan vir dit waarin jy glo nie.

BOOGSKUTTER, 23 NOV.-21 DES.

Stadig oor die klippe, nou! Jy is in die bui om dinge gedoen te kry, maar onthou dat ander mense ook by jou planne betrokke is. As jy hulle nie eers raadpleeg nie, sal jy op die lange duur jou eie tyd mors.

STEENBOK, 22 DES.-20 JAN.

As jy probleme ervaar met 'n gesinslid, mag dit dalk tyd wees om te gaan sit en dinge uit te praat. Wat 'n werkskollega betref, sal lof jou baie verder bring as kritiek.

WATERDRAER, 21 JAN.-19 FEB.

Wanneer die Maan in die Ram is, voel jy vol ekstra energie en ongeduld. Gebruik jou verstandelike vermoëns en kommunikasievaardighede om ander mense te inspireer en dinge aan die gang te kry. Dit is tyd vir groot, dapper skuiwe.

VISSE, 20 FEB.-20 MRT.

Moenie aanhou met uitstel nie, Vis! Die dinamiese Ram-Maan gee jou die selfvertroue om vas te byt en ferm besluite te neem, veral wat geldsake betref.

RAM, 21 MRT.-20 APR.

Jy is gretig om te sê wat jy dink, aangesien die Maan deur die Ram beweeg. Jou vermoë om andere te motiveer is ook op 'n algehele hoogtepunt. Wend dus jou vurige energie en entoesiasme op positiewe maniere aan.

BUL, 21 APR.-21 MEI

Dit mag dalk op die oppervlak lyk asof jy geloof in jouself kortkom, maar jy beskik oor 'n stille innerlike selfvertroue en doelgerigtheid wat uiteindelik na vore tree. Vandag sal jou intuïsie jou in die regte rigting stuur.

TWEELING, 22 MEI-21 JUN.

Samehorige Tweelinge is vandag in die bui vir groepsaktiwiteite. Jy sal, onder die invloed van die Ram-Maan sien dat hoe meer jy vriende en kollegas se talente aanmoedig, hoe groter sukses sal jy behaal.

KREEF, 22 JUN.-23 JUL.

Met die Maan wat deur jou beroepsone beweeg, kan jy emosioneel raak oor 'n werkskwessie. As jy probleme ervaar met 'n kollega, kliënt of klant, moet jy 'n meer proaktiewe benadering volg.

LEEU, 24 JUL.-23 AUG.

Entoesiasme loop hoog terwyl die Maan deur die mede-vuurteken, die Ram, beweeg. Jy is geestelik wakker en kan vinnig besluite neem. Maar probeer jou bes om eers mooi te luister na dit wat andere te sê het.

MAAGD, 24 AUG.-23 SEPT.

Dit is tyd om spirituele take met ekstra energie aan te pak. Jy sal deur beplanning, studies of navorsingswerk stoom. Maar, wat finansiële sake betref, moet jy kortpaaie vermy. Die duiwel skuil in die detail.

WEEGSKAAL, 24 SEPT.-23 OKT.

Alle soorte vennootskappe - romanties, platonies en sake - is tans ingewikkeld. Kommunikasie vloei maklik, maar moenie tot vinnige gevolgtrekkings kom nie. Neem jou tyd om die feite na te gaan.

SKERPIOEN, 24 OKT.-22 NOV.

Hou jou spoed dop! Jou huidige motto kom van die sanger en liedjieskrywer Neil Young wat ook onder die teken van die Skerpioen gebore is: "Soos jy deur die lewe gaan, moet jy die valleie, sowel as die pieke, baasraak."

Kopiereg Joanne Madeline Moore 2019.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM