Styl

10 geskenk-idees vir Moedersdag

FOTO: Unsplash
FOTO: Unsplash

Dis Sondag Moedersdag! En as jy nog nie 'n geskenk vir die spesiale vrou in jou lewe het nie, is hier 'n paar idees waarmee jy haar die naweek lekker kan bederf.

1. Lush Incredible Mum Bath Bomb (R70)

Dié oulike bruisbal bevat vars sitrus- en blomgeure, sitroengras en ilang-ilang om haar gemoed op te kikker. By Lush-winkels of aanlyn by www.lush.co.za

http://www.lush.co.za

2. Kalahari Sunset Soothing Lips Box Set (R240)

Ons is mal oor dié geskenkpak vir 'n lippe-bederf. Dit bevat 'n bevogtigende lip-balsem en 'n wynrooi lipstiffie wat by enige gelaat sal pas. By uitsoeksalonne

3. Chloé Nomade (R1 345 vir 50 ml EDP)

'n Lieflike geur van roos, pruim en freesia. By Red Square, Edgars en Woolworths

4. Matsimela Litchi and Rose Small Gift Crate (R250)

Bederf jou ma met dié badkristalle wat heerlike roos- en lietsjie-geure bevat. By uitsoeksalonne

5. Sorbet Sensual Think Pink Box (R149)

'n Bekostigbare geskenkpakkie met 'n reisgrootte lyfwas en -skrop en 'n bruisbal.

6. Calvin Klein Euphoria Amber Gold (R1 225 vir 100 ml EDP)

'n Sensuele en verleidelike parfuum met amber, vanielje, sandelhout en lemoenbloeisel. By Edgars en Red Square

7. Chanel Rouge Coco Lip Blush Hydrating Lip and Cheek Sheer Colour (R540)

'n Slim produk vir lippe en wange. Die romerige formule gee 'n ligte, byna deursigtige kleur vir lippe en wange wat perfek by mekaar pas.

8. Jo Malone Wood Sage & Sea Salt Candle (R850)

Kerse skep 'n warm atmosfeer in 'n huis. Dié een ruik soos 'n koue wintersdag by die see. Besoek www.jomalone.co.za

http://www.jomalone.co.za

9. The Body Shop Trio Hand Cream Gift (R180)

Haar hande het ekstra bevogtiging nodig tydens die droë wintermaande. Dié drie handerome in geure van roos, galambotter en moringa maak 'n oulike geskenk.

10. Crabtree & Evelyn Supper Club Candle (R800)

Dié kers het 'n vars kruiegeur wat spesiaal vir die kombuis geskep is. By Crabtree & Evelyn-winkels of besoek www.crabtree-evelyn.co.za

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM