[caption id="attachment_47908" align="alignnone" width="600"]

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/08/lettersGROTER.jpg Foto oorspronklik van pinterestwithgrace.weebly.com.[/caption]
1 Mallemeulens
[caption id="attachment_47898" align="aligncenter" width="281"]

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/08/Pinwheels.jpg Links: http://www.etsy.com/. Regs: http://pinterest.com/source/canoodlecom.reachli.com/[/caption]
’n Stok, ’n bladsy uit ’n ou atlas, ’n drukpsyker en voilà! Jy kan ’n klassieke kinderspeelding skep. As jy vergeet het hoe om dit te maak, klik hier vir aanwysings: http://www.wikihow.com/Make-a-Pinwheel.
2 Kaartskinkbord
[caption id="attachment_47899" align="aligncenter" width="300"]

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/08/tray-lining.jpg Foto oorspronklik van http://homespunliving.blogspot.com/[/caption]
Plak ’n kaart op ’n gewone skinkbord en bedek dit met verskeie lae modge podge (vernisgom – vra by jou kunswinkel). Laat droog word ná elke laag en skuur liggies af ná elke sowat vyf lae, en jy kan geregte in styl voorsit of jou geliefkoosde voorwerpe daarop uitstal.
3 Reisstoel
[caption id="attachment_47892" align="aligncenter" width="300"]

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/08/chair.jpg Foto oorspronklik van van http://indulgy.com/[/caption]
Met ’n stoel soos hierdie sal jy oral\s heen kan reis. Modge podge ’n kaart van jou droombestemming (myne is Italië) op ’n ou stoel en wend soveel moontlik lae aan vir ’n hardwerende oppervlakte (volg die aanwysings by nommer 2 hierbo).
4 Straatmat
[caption id="attachment_47893" align="aligncenter" width="593"]

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/08/Coasters-1.jpg Foto links: oorspronklik van http://www.etsy.com/. Foto regs: oorspronklikvan http://www.girlinair.com/[/caption]
Straat- of padkaarte kan op plein drupmatjies (beskikbaar by handwerkwinkels) aangebring word met modge podge vir ’n prettige en goedkoop geskenk (aanwysings by nommer 2 hierbo).
5 Stuur ’n boodskap
[caption id="attachment_47891" align="aligncenter" width="590"]

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/08/cards.jpg Foto oorspronklik van http://jennigarvin.wordpress.com/[/caption]
So eenvoudig en oulik. Dis ook ’n lekker projek vir kinders.
6 Toegedraai!
[caption id="attachment_47902" align="aligncenter" width="553"]

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/08/wrapping-paper.jpg Foto: onbekend[/caption]
Dis die perfekte geskenkpapier vir ’n vriend of familielid wat graag reis.
7 Sakke inspirasie
[caption id="attachment_47895" align="aligncenter" width="236"]

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/08/gift-bags.jpg Foto oorspronklik van http://www.etsy.com/[/caption]
Ek is dol oor hierdie kaart-geskenksakkies van die aanlyn-kleinhandelaar etsy.com. Probeer jou eie maak. Daar is maklike aanwysings by http://www.auntannie.com/BoxesBags/EasyBag/.
8 Lig vir jou wêreld
[caption id="attachment_47896" align="aligncenter" width="450"]

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/08/lampshade.jpg Foto oorspronklik van http://justimagine-ddoc.com/[/caption]
Laat jou inspireer deur hierdie lieflike lamp en kikker ’n ou lampkap op.
9 Kaarttafel
[caption id="attachment_47894" align="aligncenter" width="236"]

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/08/drawer-fronts.jpg Foto oorspronklik van http://www.aliciahutchinson.com/[/caption]
Die blogger Alicia Hutchinson het ’n ou lessenaar gevind, dit groen geverf en toe kaarte op die laaie met découpage versier. Nou is dit ’n pragtige werkstasie in haar seuns se kamer. Kry découpage-aanwysings by http://www.wikihow.com/Decoupage.
10 ’n Wêreld van hul eie
[caption id="attachment_47900" align="aligncenter" width="258"]

http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2013/08/wallpaper.jpg Foto oorspronklik van http://studiocalico.typepad.com/[/caption]
Nog meer pret vir ’n kinderkamer: Span kaarte as muurpapier en ’n aardbol as ’n lampskerm in. En kyk net hoe goed kan daardie pragtige kleurryke tasse gebruik word vir ekstra bêreplek vir speelgoed!
- Alfie Steyn
Kyk na Alfie se ander Pinterest-gunstelinge by:
Hoe lyk dit met cilantro? Of arugula?
Inspirasie van Pinterest vir ’n gesonder jy
Volg Huisgenoot op Pinterest













