Styl

Grimeer vir winter: 5 wenke

FOTO Unsplash
FOTO Unsplash

Die dae word al hoe kouer en jou vel droër … en skielik lyk jou grimering vaal en krakerig. Moenie stres nie, met dié wenke kan jy weer sprankel.

#1 Verruil jou mat- of poeier-onderlaag vir 'n serum-onderlaag

Serum-onderlae bied nie net sysagte bedekking nie, maar bevat ook 'n mengsel van aktiewe bestanddele wat jou vel bevog, plomp en stralend laat lyk sonder dat dit swaar op jou vel voel. As jy 'n olierige vel het, wees op die uitkyk vir 'n olievrye formule wat steeds hidrerend is.

#2 Kry 'n staatmaker nude lipstiffie

Dié winter is 'n mooi nude lipstiffie 'n moet in jou handsak. Die skakerings laat jou altyd afgerond lyk en werk veral goed saam met roomkleurige en bruin oogskadu, met 'n tikkie verligter op jou wange. 'n Donkerder velkleur lyk mooi met bruinerige nudes en 'n ligte vel sprankel met 'n neutrale kleur.

#3 Belê in 'n lip-olie

In die wintermaande is jou lippe geneig om droog en krakerig te wees omdat dit nie self enige sebum (jou vel se natuurlike olie) vervaardig nie. 'n Voedende lip-olie is perfek om jou lippe te bevog, op te plomp en 'n gesonde kleur te gee.

#4 Glans vir jou oë!

Een van die seisoen se grootste grimeer-trends is goud vir jou oë. Ons is mal daaroor, want goue ooggrimering helder jou oë op en weerkaats op só 'n manier dat dit jou onmiddellik stralend, glansryk en selfs jonger laat lyk. Speel met verskillende variasies van die kleur, soos brons, koper of roosgoud.

#5 Speel met verbronser en verligter

Gee 'n vaal winter-gelaat 'n bietjie songlans deur verbronser met 'n groot ronde grimeerborsel op jou voorkop, wangbene, die brug van jou neus en jou ken te tik. Deesdae is vloeibare verligters ook gewild: tik dit liggies op jou wangbene aan vir 'n gesonde gloed.

Probeer dié top-produkte:

1. Bourjois Radiance Reveal Healthy Mix Foundation (R266)

By Clicks

2. Urban Decay Vice Lipstick in Insanity (R240)

3. Clarins Instant Light Lip Comfort Oil in Raspberry (R320)

4. Revlon ColorStay Creme Eye Shadow in Honey (R105)

5. The Body Shop Honey Bronze Highlighting Dome in Golden (R202)

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM