Styl

5 haarstyle wat nét 7 minute sal neem

Is jou oggende so besig dat jy skaars tyd kry om jou hare en grimering te doen? Hiér's jou oplossing! Ons deel vyf haarstyl-idees van bekendes waarmee jy binne sewe minute 'n mooi en moeitelose haarstyl vir die dag kan skep, maak nie saak wat die geleentheid is nie.

1. Hare agter jou ore

Of jy kort of lang hare het, om bloot jou hare agter jou ore vas te steek skep onmiddellik 'n professionele en stylvolle voorkoms. Gebruik 'n haarstileringsproduk wat jou hare gladder maak en kroeserigheid tem en steek dit dan agter jou ore.

Michelle Williams

Embed from Getty Images

2. Deurmekaar poniestert

Gee 'n vervelige poniestert hope volume. Wend 'n haarstileringsproduk wat volume skep, soos 'n soutsproei, op jou hare aan. Maak dan jou hare in 'n poniestert vas en krap dit deurmekaar. Hou die styl in plek met hope haarsproei.

Margot Robbie

Embed from Getty Images

3. Halwe knoop-bolla

Maak die boonste helfte van jou hare in 'n deurmekaar knoop-bolla vas en hou die res van jou hare los. Trek dan liggies 'n paar stringe hare rondom jou gesig uit vir 'n romantiese voorkoms.

Diane Kruger

Embed from Getty Images

4. Sjiek lae poniestert

Vir 'n meer formele kantoor-voorkoms, maak jou hare in 'n lae poniestert of bolla vas. Gebruik 'n haarstileringswaks om jou hare by jou kroon glad en glansend te maak.

Sophia Bush

Embed from Getty Images

5. Versier met 'n haarband of -knip

Vir die dae wanneer jy nie lus is om baie tyd aan jou hare te spandeer nie, is 'n haarbykomstigheid perfek. Dra jou hare los of vas en tooi dit in 'n kits met 'n haarband of -knip.

Eva Mendes

Embed from Getty Images

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM