Die aktrise en vervaardiger Anel Alexander eksperimenteer gereeld met haar hare.
Ons het haar as Liesl in 7de Laan met lang blonde hare ontmoet, en deur die jare het sy selfs donker én rooi hare gehad. Nou het haar styl die sirkel voltooi en is Anel wéér 'n blond, dié keer met 'n bob-styl.
Kimberley Franklin, 'n kleur-ghoeroe by Carlton Hair International, het onlangs Anel se hare weer blond gemaak. Die foto's is op Anel se Facebook-blad gedeel:

FOTO: Facebook

FOTO: Facebook
Die vele haarstyle (en kleure!) van Anel Alexander


Met haarverlengings op 'n fliekstel

Met 'n kort, donker bob

Met 'n rooi bob

Met 'n langer styl

Op 'n filmstel saam met Jana Strydom
Nóg blondines:
Giuliana Rancic nou 'n blondine













