Deesdae laat al hoe meer vroue sproete ophul gesig tatoeëer vir 'n gelaat wat natuurlik en jeugdig lyk. Nou maak 'nAmerikaanse skoonheidsterapeut opslae deur dié gier 'n stappie verder te vat …
Jessica Knapik, 'nkosemtiese tatoeëerkunstenaar van Michigan, Amerika, tatoeëer sproete op haarkliënte se gesigte in die patroon van hul gunsteling-sterrebeelde. Sy noem dit #Astrofrecks ... en dit lykmooier as wat ons gedink het dit sal.
Volgens dieAmerikaanse Cosmopolitan kyk Jessica na elke kliënt se natuurlike velkleur omte bepaal watter skakerings die nuwe sproete moet wees sodat die eindresultaatso natuurlik en subtiel as moontlik is. Die pigment word ook net in dieepidermis (boonste deel) van jou vel geplaas en vervaag dus oor tyd soos watjou vel natuurlik afskilfer.
Jou gunsteling-sterrebeeldkan ook op jou lyf getatoeëer word.
Tatoeëerkuns wordal jare as skoonheidstegniek ingespan om onder meer wenkbroue voller te laatlyk (microblading) en lippe en oësemi-permanent te omlyn. Sedert die begin van die jaar word dit ook al hoegewilder om sproete op jou gesig te laat "teken" omdat vroue nou eerder hulsproete wil beklemtoon as verbloem. En hoekom nie? Dit laat jou jeugdig ensonbruin lyk en is die perfekte voorkoms vir die somermaande.
Wenk:
As 'n tatoebietjie ekstreem voel, kan jy altyd net 'n paar sproete op jou gesig teken metoogpotlode in verskillende skakerings van bruin.
Die aktrise Emma Watson is nie bang om haar sproete te wys nie.
Wat dink jy? Sal jy sproete op jou gesig laat tatoeëer?













