Styl

Beeld se bruide | Hier is Maart se drie voorloper-bruide

Vandag verskyn die drie voorlopers van Maart 2023 in Beeld se Bruid van die Jaar-kompetisie in samewerking met World Leisure Holidays. Baie geluk aan Miné Grobler, Eldalene Moolman en Danielle Stander.

Miné Grobler
Miné Grobler

Miné en haar man, WJ Grobler, is op 31 Maart getroud en woon in Centurion. Sy is 'n laerskoolonderwyseres en WJ is 'n sport- en kragkondisioneerder.

"Ons onthaal was ontspanne, maar smaakvol. Ons eerste dans as getroudes was enig in sy soort en verskeie gaste het 'n traan in die oog gehad. Die ‘pa-en-dogter-dans' was 'n reuse sukses sonder dat ons regtig voorberei het," sê Miné.

Eldalene Moolman
Eldalene Moolman

Eldalene en haar man, Hanno, is van Pretoria-Noord en hulle is op 11 Maart getroud. Sy is 'n binnenshuise versierder en hy werk in die boerderybedryf. "Die hoogtepunt van ons troue was die oomblik toe ek Hanno gesien huil het toe ek in die paadjie afstap en natuurlik ons eerste dans."

Danielle Stander
Danielle Stander

Danielle en Philip Stander van Somerset-Wes is op 25 Maart getroud. Sy is 'n arbeidsterapeut en hy werk oorsee op oliebore. Sy vertel 'n hoogtepunt van hul groot dag was Philip se gesig toe hy haar sien kansel toe stap.

"My boetie wat autisties is wat nie kon wag om my te sien in my rok nie, en toe hy ons ringe bring en Philip se hand skud voor al ons gaste, was ook baie spesiaal. Die aand saam ons familie en vriende en om Philip my man te kon noem is natuurlik die beste van alles!"

Nuwe proses

Die drie maandelikse voorloper-bruide dring deur na die finaal op volgende jaar se gala-aand. Daar word nie 'n maandwenner aangewys nie.

Op die kroningsdag word daar van die drie voorloperbruide van elke maand verwag om 'n voldagsessie saam met die beoordelaars­ by te woon waar die wenner bepaal sal word. Die aand is 'n semiformele geleentheid saam met die bruide, hul eggenote en hul genooide gaste.

Sperdatums

  • April-bruide: 25 Augustus 2023) Mei-bruide: 22 September 2023) Junie- & Julie-bruide: 20 Oktober 2023) Augustus-bruide: 17 November 2023) September-bruide: 19 Januarie 2024) Oktober-bruide: 16 Februarie 2024) November-bruide: 15 Maart 2024) Desember-bruide: 12 April 2024

Skryf só in

Die kompetisie duur van 16 Junie 2023 tot 16 Mei 2024.

Jy moet in 2023 trou of getrou het om te kan deelneem.

Beeld behou hom die reg voor om jou huweliksertifikaat aan te vra. Slegs Suid-Afrikaanse burgers met 'n geldige ID-dokument mag deelneem. Deelnemers moet ouer as 18 wees.

  • Verstrek die volgende in 'n Word-dokument:

a) Troudatum;

b) Bruid se naam en getroude van;

c) Bruidegom se naam en van;

d) Bruid en bruidegom se kontakbesonderhede (e-posadresse en kontaknommers);

e) Woonadres.

  • Antwoord die volgende vrae in dieselfde Word-dokument:

a) Waar het julle mekaar ontmoet?

b) Hoe lank ken julle mekaar?

c) Watter beroepe beoefen julle?

d) Wat is jul belangstellings?

e) Vertel ons van jou troue. Was daar 'n tema­ en wat was jou inspirasie?

f) Beskryf jou troudagstyl. Hoe het jy op jou rok en voorkoms besluit?

g) Wat was jou hoogtepunt van die troue?

  • Troufoto's: Heg kleur of swart-en-wit foto's aan in jpeg-formaat. Foto's moet elk 'n minimum van 1 MB groot wees.

- Bruid: kop-en-skouer-foto

- Bruid: vollengte foto

- Egpaar: foto

  • Dit is die persoon wat inskryf of namens 'n bruid inskryf, se verantwoordelikheid om te verseker dat alle inligting wat verskaf word, akkuraat en volledig is.
  • Daar word nie e-pos-korrespondensie oor inskrywings gevoer nie.
  • E-pos-inskrywings moet vóór 12:00 op die sluitingsdag na bruide@media24.com gestuur word.
  • Ons maak geen uitsonderings vir laat inskrywings nie.
Karla Janse Van Vuuren

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM