Styl

Beeld se Glam Guru-kompetisie is terug!

Marika Scheepers voor
Marika Scheepers voor

Beeld se Glam Guru-kompetisie het weer begin.

Elke week tot en met 22 Junie gaan een gelukkige Beeld-leser 'n geskenkpak met Hannon-produkte ter waarde van R2 500 wen.

Om deel te neem moet jy die advertensie van die kompetisie in die koerant soek en 'n vraag oor die jongste episode van Glam Guru beantwoord.

SMS dan HANNON, die antwoord op die vraag, jou naam en van, woongebied en e-pos-adres na 35986.

'n SMS kos R1,50.

Die antwoord op die vraag sal Maandae in Beeld gepubliseer word en die SMS-lyn sluit die Woensdag om 12:00.

Ná dié week se episode van Glam Guru spog Marika Scheepers met 'n korter en blonder kapsel. Scheepers is 'n ma van twee wat haar derde kind verwag.

Hannon Bothma het ook Scheepers se deelname aan die program benut om ander swanger vroue raad te gee oor velsorg en grimering.

Marika Scheepers
Marika Scheepers

"Dis belangrik vir swanger ma's om te weet dat die velsorgprodukte wat hulle gebruik, veilig is en nie gevaarlike preserveermiddels bevat nie. Swanger ma's kom dalk nie so gereeld in 'n skoonheidsalon nie, daarom moet jy seker maak dat jou daaglikse velsorgprodukte salonsterkte is sodat uitdagings soos pigmentasie en rekmerke nie deel hoef uit te maak van jou swangerskap nie.

"Omdat donker kringe onder die oë skielik meer uitstaan, konsentreer al jou donker ooggrimering net op jou boonste ooglede, want dit sal help om jou oogvorm 'n bietjie op te lig. Kies 'n koel-bruin oogskadupalet as jy warm kry en moeg voel," sê Bothma.

Scheepers beplan om ná die geboorte van haar derde kind weer die arbeidsmag te betree. Om seker te maak sy lyk dan ook op haar beste, het Lizel van der Westhuizen, Glam Guru se modestilis, ook raad gegee.

"Sy kan rokkies probeer van T-hemp-materiaal, want dit het nie frilletjies en valletjies nie.

" 'n Rok van T-hemp-materiaal kan sy kombineer deur 'n T-hemp, denimbaadjie of kaftan bo-oor te dra."

Van der Westhuizen se pastelkleure pas die beste by Scheepers se ligte gelaat.

" 'n Mooi en opwindende toekoms is beslis op die horison (vir Scheepers), maar mooi-wees begin vandag en daar is geen rede dat 'n swanger ma nie asems kan wegslaan en koppe kan laat draai nie," het Bothma oor Scheepers se nuwe voorkoms opgemerk.

  • Glam Guru word Sondae om 17:30 op kykNET uitgesaai.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM