Bekendes dra dit op die rooi tapyt en modebloggers se Istagram is vol foto's daarvan. Maar dié rok is só mooi ’n mens kan skaars glo dis van plastiek gemaak. Ja, ons was net so verstom.
Elke jaar ná die Oscar-toekenningsplegtigheid woon die sterre Vanity Fair se beroemde after party by. Gewoonlik trek hulle vars uitrustings vir die okkasie aan.
Die Oscar-benoemde Rooney Mara se rok het behoorlik aandag getrek. Maar gelukkig om die regte redes. Nie net is die rok ongelooflik mooi nie, maar dit dra ook ’n positiewe boodskap uit. Hoekom? Altesame 89 herwinde plastiekbottels is gebruik om die rok te maak.
En jy kan ook dié rok uit H&M se 2017 Conscious Exclusive-reeks dra! Die hele reeks is vanaf 20 April 2017 aanlyn in Suid-Afrika beskikbaar, maar slegs by die H&M-winkel in die V&A Waterfront in Kaapstad. En die prys? Net R2 999 – ’n winskopie as jy ’n Hollywood-ster is.
Kyk hier watter positiewe effek die maak van die rok het.
Bekendes in ander items uit die reeks
Model Chrissy Teigen dra ’n baadjie uit die reeks:
Aktrise Kate Mara in ’n Conscious Exclusive-miniromp:
Nog ongelooflike items uit die reeks:













