Styl

Bekendes se ma-dogter-styl

FOTO Instagram / cindycrawford
FOTO Instagram / cindycrawford

Vir dié bekende ma's en dogters val die styl-appel duidelik nie ver van die boom nie. Nie net lyk hulle na mekaar nie, ook wat hul klerestyl betref kon hulle susters gewees het!

Kyk 'n bietjie hoe eenders dié ma-en-dogter-duo's se unieke styl is ...

MODIEUSE STYL - Cindy Crawford en Kaia Gerber

FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Met een van die bekendste supermodelle ooit as ma en 'n dogter wat op 16 vinnig op pad is om een te word, is dit duidelik dat mode in dié twee se gene is! Cindy Crawford en Kaia Gerber is van die modewêreld se stylvolste ma-en-dogter-duo's.

Nes haar ma het Kaia al vir al die groot ontwerpers modes vertoon. Maar ook af van die loopplank word sy reeds gesien as 'n styl-ikoon danksy haar modieuse straatstyl. Hier is die twee saam in metaalkleure, vroulike patrone en leer - al drie baie groot trends op die oomblik.

HIP-HOP-STYL - Kim Kardashian en North West

FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images

North West is seker die dogtertjie met die grootste ontwerpersklerekas in die wêreld! Sy deel graag styl-oomblikke met ma Kim Kardashian ... en met hul gedeelde liefde vir groot pelsjasse, blinkerrokke en eenkleurige uitrustings kan hul styl beskryf word as 1990's-hip-hop-geïnspireerd.

Duidelik het haar pa, die rapper en klereontwerper Kanye West, 'n aandeel hierin! Volgens Vogue is klein North reeds op vier betrokke by sy kinderklere-lyn. Sy is baie beslis oor wat sy aantrek en gaande oor uitstappies na materiaalwinkels.

KLASSIEKE STYL - Reese Witherspoon en Ava Phillippe

FOTO : Gallo Images / Getty Images
FOTO : Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Dié ma en dogter deel nie net 'n mode-styl nie, hulle het ook al erken dat hulle gereeld mekaar se klere dra! Beide Reese Witherspoon en Ava Phillippe se styl kan beskryf word as klassiek en iewers tussen vintage en modern.

Hulle dra graag 1950's-styl rokke met min of eenvoudige juwele. Op die rooi tapyt is Reese bekend vir haar vintage-geïnspireerde uitrustings met moderne details. En dit lyk of die 18-jarige Ava baie by haar ma se gesofistikeerde, vroulike styl geleer het.

BOHEEMSE PUNK-ROCK-STYL - Lisa Bonet en Zoë Kravitz

FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Met dié twee se ewe groot liefde vir lang, los rokke met handgemaakte bykomstighede en grungy swart nommers met metaaljuwele, kan hul styl net as boheems punk-rock beskryf word. Die aktrise Lisa Bonet het oor die jare trends geïgnoreer en eerder by haar eie outentieke styl gehou. In die 1980's is dit "boho-sjiek" genoem.

Dis duidelik dat Zoë Kravitz, ook 'n aktrise, in haar ma se styl-voetspore volg. Sy het eenkeer glo al die ou klere wat haar ma aan 'n liefdadigheidswinkel geskenk het, vir haarself gaan koop! Slim skuif, want in 2015 is sy as die nuwe styl-ster aangewys by die InStyle-modetoekennings.

KONINKLIKE STYL - die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, en prinses Charlotte

FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images
FOTO: Gallo Images / Getty Images

Geen ander woord kan Kate Middleton en klein prinses Charlotte se styl beter beskryf nie. Nie net dra die hertogin en jonge prinses gewoonlik klere in dieselfde kleurskema nie, maar hulle styl is ook baie eenders: modern-tradisioneel, tydloos.

Meestal sien ons hulle in rokke in van pastelkleur tot diep skakerings en 'n klassieke, elegante 1940's-styl. Geen wonder so baie uitrustings waarin hulle verskyn verkoop soos soetkoek nie!

Elizna Smith

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM