Styl

Blosser: HIER moet jy dit aanwend!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Instagram / Hung Vanngo
FOTO Instagram / Hung Vanngo
FOTO Instagram / Hung Vanngo
FOTO Instagram / Hung Vanngo

Die SARIE-skoonheidspan het in 'n vorige aanlyn artikel so paar metodes gedeel oor waar jy orals jou blosser kan aanwend. Ons het spesifiek na die W-metode, O-metode en C-metode verwys. Lees meer hier.

Maar het jy al daaraan gedink om jou spesifieke gesigvorm wanneer jy blosser wil aanwend, in ag te neem? Ons volg die geliefde grimeerkunstenaar en entrepreneur, Charlotte Tilbury se raad.

Wend blosser reg op die appels van jou wange aan om jou gesig ronder te laat voorkom. Gebruik sirkelbewegings en veeg dit liggies uitwaarts vir 'n natuurlike en foutlose voorkoms.

Die boyfriend blush-tegniek wat op TikTok skoonheidsliefhebbers opgewonde maak, is ook 'n goeie metode om 'n reghoekige gesigvorm te komplementeer. Die blosser lyk meer soos 'n natuurlike gloed en word daarom effens laer op die wange aangewend. Dink maar aan 'n jong prins Harry en prins William.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Probeer om nie te veel blosser aan te wend nie, dit kan jou gesig laat voller lyk as wat dit is. Blosser moet op so 'n wyse aangewend word dat dit jou gesig lig en dimensie skep. Wend blosser effens bo jou wangbene aan om struktuur aan jou ronde gesigvorm te gee.

Veeg die blosser van net bo die appels van jou wange tot by die buitehoeke van jou oë.

As jy 'n skerper ken en meer prominente voorkop het, wend die blosser effens onder die appels van jou wange aan en beweeg opwaarts in die rigting van jou slape.

'n Ovaal gesigvorm het ook nie te veel blosser nodig nie. Die blosser moet op so 'n wyse aangewend word dat dit jou gelaatstrekke effens verbreed. Wend blosser effens onder jou oë aan en skakeer dit na die middel van jou wange uit.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM