Net die beste! Dis wat vroue in Suid-Afrika vir hul hare vereis. Glansend en gesond is 'n prioriteit, en hulle skroom nie om in salon-haarkleur, -behandelings en -produkte van topgehalte te belê nie.
Geen wonder dat INOAR oor die laaste dekade die gunsteling van soveel SA vroue geword het nie. Die maatskappy hou reeds die afgelope 20 jaar vol met navorsing om innoverende formules vir mooi hare binne élke vrou se bereik te plaas - ongeag haartipe.
Die inspirerende vrou agter die handelsnaam, Inocência Manoel van Brasilië, het self vir jare gesukkel om haar dik krulhare te versorg. Dit het gelei tot 'n voortdurende soektog na formules en produkte wat werk vir moeilik hanteerbare hare. Sy het begin deur stukke hare tydens haar werk as skoonmaker by 'n plaaslike haarsalon te versamel en het tuis met verskillende haarprodukte daarop geëksperimenteer. Later het sy haar eie formules begin vermeng.
In 2000 is INOAR gebore en vandag is dié salonbehandelings en -produkte in 40 lande beskikbaar. Boonop vier die handelsmerk vanjaar 10 jaar in SA - te danke aan Hendrien Kruger, 'n entrepreneur van Pretoria. "My eie hare was ongelooflik frizzy met woeste krulle en wou nie groei nie omdat dit so maklik gebreek het. Ek het die eerste keer 'n INOAR-behandeling in 'n salon in Londen ervaar. Dit het onmiddellik 'n verskil gemaak. Ek kon nie anders as om dié topgehalte-produkte na Suid-Afrika te bring nie."
Volgens Hendrien is Suid-Afrika en Brasilië pasmaats as dit by vroue se hare kom. Die ooreenkoms tussen haartipes en dié vroue se gewoontes was die hoofrede waarom sy INOAR hierheen gebring het.
Brasilië is bekend vir die mees diverse haartipes ter wêreld, en die ideale plek om hare te bestudeer en haarprodukte te toets. In 'n onderhoud met SARIE het Inocência daarop gewys dat 45% van Brasiliane volgens 'n studie van Afrika afkomstig is. Dit maak dus sin dat INOAR se produkte en behandelings ook plaaslik 'n oplossing vir die grootste haarkwessies bied, waaronder krullerige, growwe en gedehidreerde hare wat dikwels bros is en maklik breek. INOAR-salonbehandelings is juis ontwikkel om hare te versterk met keratien, dit minder kroeserig te maak en meer hanteerbaar. Tuissorgprodukte sit weer vog en voedingstowwe terug in hare.
INOAR se G.Hair en Moroccan-behandelings, wat met 'n chemiese formule jou hare tydelik reguit maak, is ook gewild omdat dit oormatige volume en erge krullerigheid vir tot vier maande tem. Dis nie skadelik nie en bevat 'n rits ander aktiewe bestanddele om hare te voed.
Sagter produkte, soos INOAR se B-Perfect-behandeling, seël gaatjies in jou haarskag en vorm 'n beskermende lagie om haarkutikels. Jou natuurlike tekstuur, hetsy krullerig of reguit, bly behoue. Hare is net meer glansend en soepel.
Besoek INOAR se webtuiste, Instagram en Facebook-blad
INOAR se top-verkopers in SA:

1. Die INOAR Absolut Daymoist-reeks met 'n sjampoe, opknapper en masker bied intense bevogtiging vir alle haartipes danksy 'n gepatenteerde plantgebaseerde bestanddeel. Pryse vanaf R280
2. Die formule van INOAR Argan Oil Thermoliss Anti-Frizz Styling Balm vorm 'n beskermende lagie om die haarskag en help om vog in te seël. Só word hare tydens hittestilering beskerm en kroeserigheid verminder. Prys R440
3. Dié reeks help om geel ondertone in blonde en grys hare te verwyder sonder om hare uit te droog. INOAR Absolut Speed Blond Shampoo en Conditioner (R280 elk) en Mask (R450)
INOAR se geskiedenis:

2000: Die vrou agter INOAR, Inocência Manoel. Sy het die maatskappy in 1999/ 2000 begin. Die naam INOAR is 'n samevoeging van haar bynaam "Inô" en die "ar" van arganolie.
Arganolie was en is vandag steeds die sterbestanddeel in byna elke INOAR-produk en -behandeling. Die olie word verkry van die arganboom en is ryk aan vitamien E en essensiële vetsure wat hare van binne af herstel. Die molekules is fyn genoeg om die haarskag binne te dring en het uitstekende bevogtigende eienskappe.

2009: Hendrien Kruger, entrepreneur van Pretoria, bring INOAR in 2009 na Suid-Afrika. "Die ooreenkoms tussen SA en Brasiliaanse hare maak INOAR perfek vir Suid-Afrika."
2015: INOAR gaan groen! Respek vir mense, diere en die omgewing is die kern van hul waardes. Sedert 2015 word baie van die produkte herformuleer om net plant- en veganistiese bestanddele te bevat. Hulle is ook "sonder wreedheid" gesertifiseer en elke tuissorgproduk is sulfaatvry.

2019: So pas het INOAR 'n professionele haarkleurreeks met 52 skakerings bekend gestel. Die skakerings kan gekombineer word om meer as 100 verskillende kleure te skep. Die unieke formule is verryk met arganolie in mikrokapsules. Met aanwending bars die kapsules oop en penetreer hare om dit te herstel, intens te bevog en glans te gee. Hare word terselfdertyd gekleur en behandel om enige skade weens die chemiese kleurproses te verminder. Natuurlike skakerings van swart, bruin en blond is te kry, asook verskeie gryse, en selfs helderrooi en violet.
Meer oor Hendrien Kruger
DIT WAS DIE OOMBLIK . . . Haar pa se dood toe sy sestien jaar oud was, het Hendrien anders na die wêreld laat kyk. "My ma was 'n onderwyseres met vier kinders, en skielik was ons in 'n finansiële krisis gedompel. Ek het toe besef 'n vrou moet nooit toelaat dat sy van iemand anders afhanklik is nie." Hendrien was reeds op skool kelnerin om geld te verdien en was daarna nooit sonder werk nie - selfsterwyl sy toerisme en later bemarkingstudeer het. Maar haar deurbraak was haar besluit om INOAR (Brasiliaanse haarreeks) in te voer. "Dit was moeilik. Ek het geen agtergrond in die bedryf of as invoerder gehad nie. Ek het van salon na salon gery met produkte. Mense wou nie dat ek hulle kom sien nie. Maar ek het regtig daarin geglo, en net aangehou."
Vandag het INOAR Suid-Afrika 15 werknemers, met 89 verskillende produkte wat ingevoer word. Vir Hendrien is die bemagtiging van vroue belangrik. Sy stel net vroue aan. "Daar is soveel geleenthede, solank jy in jouself en in jou werk glo. Moenie iets doen net om ure te klok of geld te maak nie."















