
MICHEL HERBELIN
Michel Herbelin-horlosies is die outentieke weerspieëling van jou persoonlikheid - 'n toonbeeld van Franse styl en Switserse presisie. Ons het pas 'n vindingryke nuwe stelsel ontwerp en gepatenteer wat jou in staat stel om jou horlosiebandjie met 'n eenvoudige klik te verander om by jou uitrusting of gemoed vir die dag te pas.
Antares Interchangeable-horlosies het 'n klassieke reghoekige of ronde raam en word aangebied in ons eksklusiewe Michel Herbelin-verpakking, met een of twee bandjies. Jy kan ekstra bandjies van jou keuse aanskaf in sjokoladebruin, olyfgroen, fuchsiapienk of blou, rooi en swart leer.
Behalwe die gepatenteerde bandjiestelsel spog elke horlosie ook met Switserse kwartsbeweging, krapweerstandige saffierglas, waterdigtheid tot 50 m en 'n verskuifbare verstelmeganisme.

@home
Maak jou inspirasie 'n realiteit by @home.

Kombineer 'n oordaad blomme met donker, dramatiese tafeldekor
Laat jou opsitkers in weelde brand in hierdie goue lantern (R549). Beskikbaar by uitgesoekte @home-winkels.
Kanongrys messegoed sorg vir drama (R1 499 vir 'n stel van 16). Klik hierom dit aanlyn te koop.
Rond jou dramatiese tafel af met 'n luukse eetkamerstoel in swart en goud (R5 999). Klik hier om dit aanlyn te koop.

Kombineer kerslig wat teen glas reflekteer met spatsels goud vir 'n glinsterende effek.Klik hier om dit aanlyn te koop.
Glaseetgerei met 'n goue randjie laat 'n besonderse tafeldoek tot sy reg kom en sorg vir 'n ligspeling op jou tafel (grootbord R99, kleinbordjie R89, bakkie R85).
Glase met 'n goue afwerking lyk luuks (sopieglas R65, rooiwynglas R79, sjampanjefluit R79). Klik hier om dit aanlyn te koop.
Sit in weelde aan in 'n Bob-eetkamerstoel van blougroen fluweel (R999). Klik hier om dit aanlyn te koop.

Kies klassieke dekorelemente met glas- en metaalaksente vir 'n tydlose troue.
Kies 'n potplant in 'n terrarium in plaas van 'n tafelruiker (R349). Klik hier om dit aanlyn te koop.
'n Glaskandelaar spreek van klassieke weelde en baai 'n vertrek in romantiese lig (R3 599). Klik hier om dit aanlyn te koop.
Hierdie vierkantige kristalkershouer sal hoogte gee aan jou tafel (R299). Beskikbaar by uitgesoekte @home-winkels.

BRIDE&CO
Bride&co is een van Suid-Afrika se gewildste trou- en aanddragwinkels wat aan kliënte die perfekte uitrusting vir enige geleentheid bied. Met 10 winkels landwyd het Bride&co 'n groot verskeidenheid style en silhoëtte beskikbaar in die Bride&co-versameling, asook ongelooflike ontwerpe van Oleg Cassini en Viola Chan, eksklusief aan Bride&co.
Bride&co het ook 'n versameling noukeuring geselekteerde, eksklusiewe ontwerperstrourokke wat by uitgesoekte winkels gehuur kan word. Raak verlief op die perfekte paar trouskoene en die juwele van jou drome - alles van oorringe tot tiaras en asemrowende sluiers is beskikbaar by Bride&co. Bederf jou strooimeisies met pragtige strooimeisierokke, beskikbaar in 'n verskeidenheid byderwetse en klassieke style en kleure.
Besoek Bride&co om jou GRATIS aanpassessie te bespreek waar 'n konsultant jou sal vergesel op jou reis om die "uitrusting van jou drome" te vind.

OOPSIE DAISY-BLOMME
Met 11 jaar ondervinding in die bedryf is Oopsie Daisy die voorkeurstiliste vir talle voornemede troupaartjies, Suid-Afrikaanse glanspersoonlikhede, top-maatskappye en internasionale kliënte.
Met ons persoonlike benadering, die aandag wat ons aan elke detail skenk en professionele diens reël ons nie net jou geleentheid nie, maar maak jou drome 'n werklikheid.
Die Oopsie Daisy-span loop die pad saam met jou van begin tot einde om te verseker dat daar aan al jou verwagtinge voldoen word.
Van ruikers, skouerruikers, gestrooide blomblare wat jou na die kansel lei of 'n indrukwekkende rangskikking as fokuspunt - blomme maak van enige geleentheid 'n glansgeleentheid.
Ons gee jou raad oor die jongste neigings en watter blomme in seisoen is en verseker dat jou blomme en dekor die toon aangee vir jou spesiale dag.
Ons dienste is landwyd en internasionaal beskikbaar.
https://michel-herbelin.co.za/

ROBERTSON WINERY
Getrou aan hul pioniersgees en reputasie vir vernuwing het Robertson Winery in 2014 hul Lightly Sparkling Sauvignon Blanc bekendgestel, wat 'n jaar later opgevolg is met 'n "pienk" Lightly Sparkling Pinot Noir Rosé. Beide dié wyne is egter nie ligte wyne nie, en ook nie vonkelwyne nie. Hulle is ligte, vonkelende wyne! Beide word gemaak van topgehalte-druiwe, met vars vrugtegeure en 'n tikkie vonkel wat perfek is vir 'n warm somersdag.
Die lewendige turkoois en salmpienk kleur van die kegelvormige bottels, met 'n sprankel van wit borrels, bring 'n tikkie gesofistikeerdheid én feestelikheid na enige geleentheid. Robertson Winery se Lightly Sparkling Sauvignon Blanc en Pinot Noir Rosé is die perfekte metgesel na 'n piekniek, 'n braai of skemeronthaal!

K CRYSTALS
K Crystal bied pragtige, treffende en kleurvolle kristaljuweliersware aan die publiek. Kom besigtig ons reeks 925 sterlingsilwer juwele met Swarovski Elements, vervaardig deur die Marea Crystal-fabriek in die Tsjeggiese Republiek en gemagtig deur Swarovski. Elke item is gesertifiseer met 'n Swarovski-verifiëringskode.
Dié reeks juwele met Swarovski Elements is nie net pragtig en van uitstekende gehalte nie, maar die pryse sal ook jou asem wegslaan. Dis die perfekte geskenk vir 'n spesiale vrou in jou lewe. Besoek www.kcrystals.net om die volledige reeks te sien.

LE CREUSET
Le Creuset is trots om 'n trougeskenk-registerdiens te bied wat lank ná die bruilof sal sorg vir 'n leeftyd van kosmaakherinneringe vol liefde, lag en geluk.

CARNATION FOOTCARE
Seer voete kan jou lewe ondraaglik maak. Vertrou op die Britse topverkoper-handelsmerk, Carnation Footcare, om jou voetsorge iets van die verlede te maak! Carnation versorg voete al vir 85 jaar en met hul wye reeks produkte kan jy verseker dat jou voete gesond bly. Carnation Footcare is beskikbaar by jou naaste Clicks of Dis-Chem-apteek.

CATHRINES BRIDAL COUTURE
Ons pragtige nuwe reeks aandrokke word sorgvuldig uitgekies en ingevoer van regoor die wêreld. Cathrines Bridal Couture bied jou net die beste en mees gesofistikeerde rokke wat daar is. Ons sal jou help om 'n rok te vind wat jou styl komplimenteer en aan al jou verwagtinge voldoen. Met ons hulp sal jy die trourok vind waarvan jy nog altyd gedroom het.
Ons hou ook boleros, juweliersware, lingerie, sluiers, handskoene en meer aan. Ons kan jou help om jou rok nommerpas te maak en die aandag wat ons aan elke detail skenk sal verseker dat jy met die perfekte rok wegstap.

BRAHMAN HILLS
Stel jou 'n plek voor waar al jou drome waar word.
Min geleenthede kan die romantiek van 'n plattelandse troue ewenaar en Brahman Hills, geleë in die Blue Crane-natuurreservaat in die KwaZulu-Natalse Middellande, is die perfekte plek om die troue van jou drome te hê. Brahman Hills is bekend vir pragtige uitsigte en asemrowende lokale.
Ons verstaan dat elke bruid 'n troudag wil hê wat haar eie, unieke stempel dra, en daarom werk ons nou saam met die bruid as innoveerders, skeppers en koördineerders om te verseker dat haar droomdag 'n realiteit word. Die Brahman Hills-span bespreek elke detail met die bruid om presies te weet wat sy verwag. Daarna word daar aan die werk gespring om aan haar visie gestalte te gee én binne die begroting te bly! Met dit in gedagte het Brahman Hills 'n allesomvattende pakket geskep wat aan die algemene vereistes van meeste bruide sal voldoen, asook 'n pakket wat jou toelaat om jou troue volgens jou eie, unieke verwagtinge te beplan.
Met van die mees ervare troukoördineerders, bloemiste en stiliste in die bedryf tot ons beskikking, sal Brahman Hills verseker dat elke troue prentjiemooi en 'n droom is wat waar word.

HEAVENSGATE
Eksklusiewe trouvenue in Boksburg
Net ‘n klipgooi van die lughawe en verskeie hotelle en gastehuise, sal jy ons opelug seremonie-ruimte omring deur water en reuse wilgers vind, asook ‘n ruim onthaalsaal met ‘n lieflike uitsig oor die Blesbokrivier. Laat die natuur deel word van jou groot dag met agt swaanspesies, kraanvoëls, eende, ganse, swierige wit poue en prentjiemooi papegaaie as getuies. Kom kyk gerus waarom ons vir twee jaar in ‘n ry deur bruide aangewys is as die top-trouvenue in Gauteng.

BRIDAL MANOR
Bridal Manor, die keuse van baie gelukkige bruide. Vertrou ons en jy sal gevul word met ‘n gevoel van verwondering en afwagting as jy begin met die reis van jou drome. Dit is belangrik vir ons dat jy spesiaal moet voel deur die hele wonderlike ondervinding.
Jou intieme, eksklusiewe afspraak saam met ‘n gespesialiseerde konsultant sal verseker dat jy die perfekte trourok en bykomstighede kry. Om die proses te begin, en te verseker dat jy ‘n plek en tyd kry wat jou pas om uit meer as 200 internasionale ontwerpersrokke te kies, kan jy jou afspraak van 90 minute aanlyn op ons webtuiste bespreek. Ons is opgewonde om saam met jou die reis te deel en die "een" te soek. By Bridal Manor maak ons jou trourokdrome waar!
Ons kan nie wag om jou te ontmoet en te ontvang by Bridal Manor nie.












