In die skoonheidswêreld is daar gereeld nuwe haartendense wat voelers uitsteek. Sal jy dit probeer?
Die volgende tendense het die skoonheidswêreld aan die gons:
1. Een haarsliert

Ons het so paar maande terug oor hierdie mikro-haartendens geskryf of beter bekend as die neiging om haarslierte weerskante van jou gesig te dra. Lees meer hier. Die nuutste is om slegs een haarsliert aan een kant van jou gesig te dra.
Asimmetriese voorkomste is in die kol vir 2024 (nes diep kantpaadjies). Dit is nou hoogmode en maklik om te stileer.
2. Die nat hare voorkoms
Party mense meen dié tendens lyk sjiek en ander dink weer dis simpel, want dit lyk asof jy nog jou hare moet droogblaas! 'n Sluik haarvoorkoms is wel baie veelsydig, jy kan dit informeel of formeel dra.
Jy kan beide haarolie of haarjel gebruik om die voorkoms te vervolmaak.

Kyk net hier:
3. Osbloed
Dié spesifieke rooi haarkleur is nou gewild. Bekendes soos Dua Lipa dra nou hierdie vurige haarkleur. Jou hare sal ekstra gesond en glansend in die treffende kleur lyk.


















