Ja, jy lees reg. Daar is ’n roksnit wat so vleiend is dat enige vrou dit kan dra. Wat is die snit? Die oorvourok.
Die groot voordeel van hierdie rok is dat dit daardie ekstra “rolletjie” oor jou middel versteek. Volgens Amaria Carstens, SARIE se mode-redakteur, kan lang en korter vroue dié rok dra.
"Dis werklik een van die vleiendste snitte. Enige vrou kan dit dra!"
En die beste van als? Jy kan dit heeljaar dra en laag-op-laag stileer: Jy kan ’n romp onderaan aantrek, dit kan as ’n liggewig-jas gedra word en jy kan dit ook oor jou jeans dra. Daar is soveel opsies vir die snit.
Kyk net hoe dra modeliefhebbers hul oorvourokke:
Embed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty Images
5 van ons gunsteling-oorvourokke wat nou plaaslik beskikbaar is:

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/9march201747563ss186.jpg Spree
Oorvourok, Spree

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/81088818_43_D1.jpg Mango
Oorvourok, Mango

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/1314413232.jpg Poetry
Oorvourok, Poetry

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/hmprod3.jpeg H&M
Oorvourok, H&M

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/Rich-Mnisi-Wrap-Dress-6009204761278.jpg Rich Mnisi, Woolworths
Oorvourok, Rich Mnisi, Woolworths













