Die meeste van ons het 'n hele laai vol juwele en dra waarskynlik dieselfde item dag na dag.
Nuus flits - jy kan nou meer dra uit jou juwele kry met laag op laag stilering. Dit maak nie saak of dit n bonkige halsnoer, kettings, ringe of oorbelle is nie – die SARIE mode span wys jou hoe om dié bykomstighede soos 'n "pro" te stileer.
Halssnoer
Dra swaar en fyn items saam, jy hoef nie jou pronkerige halssnoer in die kas te bere vir 'n spesiale geleentheid nie, dra dit saam met jou eenvoudiger items om elke dag 'n goeie indruk te maak.
Stileer twee of drie halsnoere in dieselfde of verskillende metale om 'n eenkleur-top te breek. Moenie jouself teveel daaroor bekommer om jou kettings ewe ver uit mekaar uit te stileer nie. Die halssnoere kan ook selfs hangertjies hê.
Ringe
Baie ringe aan jou hande. As jy wil veilig speel dra ringe bymekaar van dieselfde metaal. Die trend die seisoen is egter om verskillende metale saam te dra. Hou die res van jou voorkoms eenvoudig sodat jou hande die kollig steel.
Armbande
Armbande is waarskynlik die maklikste wanneer dit kom by die laag op laag mode gier. Kies een arm en los die ander een kaal of net met 'n horlosie
Neem voordeel van draai armbande. Elkeen vat baie arm spasie dit maak dié mode gier maklik sonder om 'n ton juwele te dra.
Oorbelle
Jou oorbelle kan nou skitter in verskillende vorms van die son tot die maan en interessante teksture – alles in een oor.
Kyk hier na die nuutste juwele:
Mode-intern: Lezaan Nel













