Hierdie jaar moet jy meer waag met kleur. Miskien kan jy sommer begin met die gewildste kleur op Pinterest, oranje. Ja, jy lees reg!
Styl-ikone soos die Kardashian-susters, Bella Hadid en Emily Ratajkowski wys ons hoe om hierdie kleur te dra. Die Kardashians volg altyd die nuutste
trends en dit lyk of hulle ook dink oranje is die nuwe kleur om te dra!
Bella Hadid, een van ons gunsteling-modelle, en haar suster, Gigi, weet hoe om dié kleur by hul uitrusting in te werk. Oranje is die perfekte kleur om lewe aan ’n uitrusting te gee.
Emily Ratajkowski, nóg ’n styl-voorloper in ons boekies, het die perfekte lyf vir hierdie oranje swembroek!
Kry jóú oranje mode-item hier:













