Styl

Geurige kombinasies

Fresh Delights is ’n fees van interessante geur-kombinasies – avokado en sesamolie, pronk-ertjie en jasmyn, klapper en lemmetjie, en vars water en lotus – wat nie net lekker ruik nie, maar sag en strelend met jou vel werk. Boonop is die pryse nog billik ook!

Dié reeks bestaan uit ’n handeseep (R14,95), handeroom (R19,95), stortjel en handeseep (R22,50), en ’n skuimbad en lyfbotter (R27,50 elk).

Jy kan ook uitsien na ’n wonderlike nuwe geur, karamel en room, wat volgende winter beskikbaar sal wees.

*Woolworths Fresh Delights sal vanaf 15 September by alle Woolworths-takke beskikbaar wees.

Liesl du Toit

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM