Onthou jy nog die dae wat almal cowboy-boots gedra het?
In 2005 het Jessica Simpson se karakter Daisy Duke in die fliek The Dukes of Hazzard nie net kort denimbroeke gewild gemaak nie. Sy het ook cowboy-stewels gedra waaroor almal gek was.
Kyk net haar ou musiekvideo vir "These Boots Are Made For Walkin":
Oor die jare het die stewel-
trend gekom en gegaan. Maar of jy dit as goeie of slegte nuus beskou, die "Wilde Weste"-skoene is terug! Die supermodel Gigi Hadid is hierdie week in cowboy-stewels deur die modehuis Tommy Hilfiger gewaar. Ons is gaande daaroor!
Die stewels is ook einde verlede jaar op die modeplanke geparadeer en het kort voor lank op straat verskyn. En ons is oortuig dat dit vanjaar gewild gaan raak.
Embed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty Images
Soek jy ’n paar cowboy-stewels?
Hierdie paar van H&M is ons gunsteling en jy kan dit nou koop.

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/hmprod2.jpeg Cowboy-stewels (R2 699) van H&M













