<div data-embed24="Images" contenteditable="false" data-pos="Middle"><div class="slide"><img class="article-embed" title="Vroue is mal oor Kim Sears se stylvolle, reguit hare." src="https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6229/cbc4909950374934a92d0ba3d1a29858.png" alt="Vroue is mal oor Kim Sears se stylvolle, reguit hare."></div></div>
<div data-embed24="Images" contenteditable="false" data-pos="Middle"><div class="slide"><img class="article-embed" title="Kim Sears se hare lyk pragtig terwyl sy haar kêrel by die Wimbledon-eindrondte ondersteun." src="https://cdn.24.co.za/files/Cms/General/d/6229/2f33537f386f4c39b028d2924a7ccbf5.jpg" alt="Kim Sears se hare lyk pragtig terwyl sy haar kêrel by die Wimbledon-eindrondte ondersteun."></div></div>
Selfs in die skroeiende hitte tydens die Wimbledon-manseindronde wat Sondag plaasgevind het, was Kim se hare perfek.
Kim laat sny haar hare by die Dwight Isaacs-haarsalon in Surrey, Engeland, maar sy blaas dit sommer self droog as sy nie tyd het om dit professioneel te laat doen nie, volgens Daily Mail. Haar hare se heuning-en-karamel-skakering word deur middel van ’n Franse tegniek, balayage, geskep: ’n Haarkapper "verf" die haarkleur rofweg aan jou hare met ‘n kwas. Jou hare is dan ligter by die punte.
Bekendes soos Sarah Jessica Parker, Julia Roberts en Gisele Bündchen het al almal hul hare met dié tegniek laat kleur.