Hierdie is veel meer as ’n trend. Oop- en afskouer-items is deesdae ’n moet-hê in elke vrou se klerekas – ongeag haar ouderdom, grootte of styl.
Nie net kan jy hierdie items heeljaar dra nie, dis ook dié trend wat jou skouers – die heel mooiste deel van jou lyf – die beste beklemtoon. En danksy die verskillende style kan jy die een kies wat vir jóú die beste werk.
ONTHOU: Jy hoef nie skaam te wees om bietjie vel te wys nie! Jou skouers is die deel van jou lyf wat die langste jonk bly en jy kan dit gerus meer wys.
Dra dit só:
Wenk: Om jou skouers glansryk en gesond te laat vertoon kan jy ’n tikkie verligter (highlighter) daarop aanwend. Nou kan jy al die aandag daarop vestig!
Keer só dat jou afskouertop optrek:













