Raak maklik en pynloos van enige ongewenste hare op die sensitiewe dele van jou lyf ontslae met Veet se nuwe Sensitive Touch Electric Trimmer.

Ongewenste hare laat baie vroue onseker voel oor hulself. En as jy nie ’n aanhanger van waks- of laserbehandelings is en boonop nie altyd tyd het om na ’n skoonheidsalon te gaan nie, behoort Veet se Sensitive Touch Electric Trimmer (jy kan dit aanlyn HIER koop) ’n ereplek in jou skoonheidskas te hê.

Met dié slim battery-aangedrewe knipper kan jy hare onder jou arms, op jou bikinilyn, bolip en ken verwyder. Jy kan selfs jou weerbarstige wenkbroue in toom hou. Die vel hier is meer delikaat en benodig ’n skeertoestel wat sagter werk en die kans verminder dat jy jou raak sal skeer.
Kyk op VEET se webtuiste na die stap-vir-stap-video oor hoe maklik dit is om dít te gebruik. Kyk HIER.
Wenke
Die Veet-knipper het verskillende skeerkoppe en kammetjies vir spesifieke dele van jou lyf.
1. Gebruik die klein skeerkop en bypassende kammetjie om lang wenkbroue korter te sny. Met die skeerkop op sy eie kan jy jou wenkbroue mooi vorm deur uit-plek-haartjies bo en onder jou wenkbroue te verwyder.
2. Jy kan die klein skeerkop ook gebruik om van haartjies op jou bolip en ken ontslae te raak.
3. Om jou bikinilyn en onderarms skoon te skeer, gebruik die groter skeerkop. Heg die bypassende kammetjie aan as jy enige hare net korter wil sny.
WENK: Maak seker jou vel is droog voor jy die toestel gebruik en onthou om altyd in die teenoorgestelde rigting van die haargroei te skeer. Maak seker jy kyk dié video oor hoe jy dit moet gebruik.
En as jy bang is jou hare gaan meer of dikker teruggroei as jy skeer, wees verseker: Dis net ’n wolhaarstorie!
Die Veet-knipper word boonop in ’n spesiale klein sakkie verpak, perfek vir wanneer jy reis.

Jy kan Veet se Sensitive Touch Electric Trimmer HIER koop.













