Groot voorkop? Dié haarstyle kan help!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Die ou mense het altyd gesê dat 'n groot voorkop van baie verstand getuig, maar nie almal beskou hierdie gelaatstrek as die grootste pluspunt nie.

In baie gevalle is 'n groot voorkop of 'n haarlyn wat effens dieper is, iets waaroor ons selfbewus voel.

Maar dis nie die einde van die wêreld nie! Daar ís slim maniere om dit te help verbloem. Daar is oulike haarstyle wat jou voorkopgrootte kan versag.

Probeer dié haarstyle:

Sny jou hare in lae

Om jou hare in lae te sny, sal 'n groot verskil maak. Dit skep pragtige beweging en neem die aandag van jou voorkop af weg. Boonop skep dit volume wat help om jou groter voorkop uit te balanseer.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Curtain bangs

Die langer kuif of curtain bangs wat aan die Franse aktrise Brigitte Bardot se ikoniese haarstyl herinner, sal meteens 'n groter voorkop versag. Boonop is die haarstyl nou hoogmode en verg min moeite.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

Probeer 'n langer, versnipperde kuif

So paar jaar terug het aktrise Emma Watson graag dié kuifstyl gedra. Die oneweredige kuif kan lank of kort gedra word en bied net mooi genoeg bedekking om 'n groter voorkop sagter te laat vertoon.

FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images
FOTO Getty Images / Gallo Images

SPELETJIES VANDAG

CTA