Styl

Het Kylie Jenner ’n tweeling-suster?

Jy sal Kylie Jenner dalk nooit in lewende lywe te sien kry nie, maar danksy Madame Tussauds in Hollywood het jy minstens die kans om ’n selfie saam met die koningin van sosiale media se "ewebeeld" te neem.

Kylie het reeds in Februarie verklap dat sy, nes haar ewe beroemde modelsuster 

Kendall Jenner en halfsuster, die sosiale vlinder Kim Kardashian,een van die dae haar eie wasbeeld in die museum gaan hê. Van toe af het sy gereeld bietjies nuus oor die proses op Snapchat gedeel. Toe die wasbeeld uiteindelik vroeër hierdie week onthul is, het sy die eerste foto’s met haar 96 miljoen Instagram-volgelinge gedeel.

Die wasbeeld is ’n presiese replika van haar voorkoms by verlede jaar se Met-gala, toe sy ’n blink Balmain-skepping gedra het. Die besonderse rok is spesiaal vir haar geskep deur die Franse modehuis (glo een van die susters se geliefkoosdes) om te verseker sy woon haar eerste Met in styl by. En die beeld is Kylie se "ewebeeld", ikoniese lippe en al! Sy skerts op Instagram sy het die hele familie geflous toe sy “haar” met hulle laat gesels het op Facetime.

Kylie by die Met-gala in 2016:

Met die sukses van haar kosmetiese besigheid, Kylie Cosmetics, wat sy verlede jaar begin het, en nuwe werklikheidsreeks Life of Kylie, wat binnekort op die Amerikaanse TV-kanaal E! begin, is Kylie op die oomblik die middelpunt van aandag van die susters, en almal hou dop wat sy volgende aanpak.

Bianca Terblanche

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM