Styl

Is dít die ontwerper van Meghan se trourok?

In 2011 toe die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, voor Westminster Abbey in haar wit Alexander McQueen-rok verskyn het, het die wêreld gegons. Dit was 'n reusagtige mode-oomblik! Talle bruide het daarna in 'n soortgelyke trourok getrou.

Herleef die oomblik:

Volgende jaar op 19 Mei gaan Meghan Markle met die rooikop prins Harry trou. Die Isrealiese ontwerper Inbal Dror gaan glo haar trourok ontwerp. Dié ontwerper het aan People bevestig dat die Kensington-paleis 'n skets versoek het. Bekendes soos Beyoncé en Naomi Watts het al rokke van Inbal gedra.

Hier's 'n paar rokke op Instagram:

Amaria Carstens, SARIE se mode redakteur, vermoed Meghan se trourok gaan indrukwekkende detail bevat.

"Indien sy finaal op die ontwerper besluit, sal haar rok klassiek wees en ongelooflike detail hê."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM