Op 29 Julie 1981 het 'n miljard mense vasgenael voor hul TV-skerms gesit om te kyk hoe prins Charles en lady Diana trou. In spanning het ons gewag dat ons geliefde lady Di uit die koets klim en ons haar trourok kon sien. Dit was 'n ikoniese oomblik, en talle ontwerpers het haar rok daarna as inspirasie gebruik.

Byna 30 jaar later, op 29 April 2011, het hul oudste seun, prins William, sy bruid in Westminster-abdy ingewag. Tot twee miljard mense het dit op TV gadegeslaan. In haar Alexander McQueen-rok het Kate Middleton dadelik 'n mode-ikoon geword. Daarna wou elke bruid in 'n rok met kantmoue trou.

Op 19 Mei 2018 gaan William se jonger broer, prins Harry, by die Windsor-kasteel met sy Meghan Markle trou. Hul sprokiesdag sal regstreeks uitgesaai word en wêreldwyd word asem opgehou. Wie het Meghan se rok ontwerp? Dis nog 'n geheim, maar groot name soos Erdem, Jenny Packman, Alexander McQueen, Roland Mouret en selfs Victoria Beckham is al genoem.

Geeneen van die ontwerpers het al enigiets laat blyk nie. Intussen het Amaria Carstens, SARIE se moderedakteur, haar speurdershoed opgesit en na moontlike trourok-keuses gaan kyk!
Uit Meghan se vorige verskynings op die rooi tapyt as aktrise en nou by koninklike geleenthede lei ons af haar styl is klassiek met 'n moderne aanslag. Dit gaan heel moontlik die styl-keuse van haar trourok ook wees.
Op die rooi tapyt

Aan prins Harry se sy

In 'n onderhoud in 2016 het Meghan aan die tydskrif Glamour verklap een van haar gunsteling-trourokke is dié wat wyle Carolyn Bessette gedra het toe sy in 1996 met John F. Kennedy Jr. getroud is.
"Klassiek en eenvoudig is die wen-resep, miskien met 'n moderne kinkel," het Meghan tóé gesê.

Nog iets waaroor wyd bespiegel word, is die materiaal wat Meghan gekies het. Baie vermoed satyn. As ons dit alles in ag neem, voorspel ons dat Meghan se rok soos een van die volgende sal lyk:
1. Hollywood-godinstyl

2. Met 'n lae rug en argitektoniese detail

3. Meerminstyl met 'n bootneklyn en lae rug

4. Balrok met lang afskouermoue van maasstof

5. Afskouer-V-nek-styl (as bostuk)

Watter trourok-styl dink jy gaan Meghan dra?
Bronne: www.townandcountrymag.com













