Dink jy aan die sangeres, aktrise en TV-persoonlikheid Jennifer Lopez, kan jy haar skaars sonder haar superlang hare voorstel. Maar selfs die 47-jarige Shades of Blue-aktrise het nou geswig en haar hare in die gewilde lob-styl laat sny.
Dis weer eens ’n bewys dat die lang bob nie gou uit die mode sal raak nie ...
Die afgelope paar jaar het Jennifer se lang, golwende lokke kenmerkend van haar rooitapyt-verskynings geword. Dié nuwe korter snit is vars en modern. Ons is ook mal oor die sagte blonde ligstrepies wat haar haarstileerder, Chris Appleton, in haar karamelkleurige hare gesit het.
JLo het Maandag met haar nuwe skouerlengte lob gespog.
Die afgelope paar jaar was haar lang lokke kenmerkend van haar voorkoms.
Embed from Getty ImagesEmbed from Getty ImagesEmbed from Getty Images
Ons kan sien waarom so baie celebs van dié haarstyl hou: Dit pas byna almal – ook vir my en jou!
Die lang bob val net bo jou skouers en is daarom effens langer as ’n gewone bob, vandaar die naam. Die snit pas by enige gesigvorm én ouderdom en is baie veelsydig. Dis ook die perfekte snit as jy ’n haarstyl verkies wat maklik stileer, maar steeds genoeg volume in jou hare wil skep. Lees hiér meer oor dié gewilde haarstyl.













