Styl

Jo-Ann Strauss se beste bykomstighede

Jo-Ann se klerekas is die meeste vroue se droom - ontwerpershandsakke en mooi hoëhakskoene, maar deesdae spog sy ook met die "bykomstigheid van die maand" - soos wat ’n aanbieder tydens die

Golden Globes die baba-magie genoem het nadat 3 swanger aktrises (Drew Barrymore, Olivia Wilde en Kerry Washington) stralend gelyk het op die rooi tapyt.

Ontwerpersakke

Jo-Ann het een van die nuwe luukse Louis Vuitton-handsakke. Dié sak het haar hart gesteel toe sy in die winkels was om dekor-items vir die babakamer te koop.

Jo-Ann het ook dié luuskse handelsnaam se reissakke

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/Screen-Shot-2014-01-14-at-11.02.26-AM.png FOTO: Instagram @jo_annstrauss

Die baba-magie

Dié "bykomstigheid" is nie te koop nie, maar lewer binne ’n paar weke ’n pienkvoet vir Jo-Ann en haar man, Michael Held!

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/Screen-Shot-2014-01-14-at-11.03.24-AM.png FOTO: Instagram @jo_annstrauss

Hoëhakskoene

Jo-Ann is mal oor hoëhakskoene! Een van die hashtags wat sy by dié foto van haar skoene gebruik het, is #HighHeelEveryDay.

Lees hier watter celeb het haar eie skoenreeks PLUS wat is haar top-stylwenke

http://www.sarie.com/wp-content/uploads/Screen-Shot-2014-01-14-at-11.04.53-AM.png Jo-Ann se 'hashtags' by die foto is: #shoes #fashion #addiction #heels #HighHeelsEveryDay FOTO: Instagram @jo_annstrauss

Armbande en ringe

Enige uitrusting kan met die regte bykomstighede verander word - dié seisoen is bling weer groot!

Kry die mooiste bykomstighede in die SARIE-winkel.

Sonbrille

Die 60's-sonbril is terug dié somer!

Sukkel jy om’n sonbril te koop? Lees hier hoe om een te kry wat by jóú gesig pas.

Kry jou bykomstighede uit die SARIE-winkel

Die SARIE-winkel kan jou help om enige uitrusting op te kikker - met ’n oorgroot handsak, pragskoene, armbande of halssnoere en ook sonbrille. Die enigste ding waarmee ons nie kan help nie, is die baba-magie!

http://www.spree.co.za/afr/dames/bykomstighede?utm_source=sarie.com&utm_medium=onlinearticle&utm_campaign=sarie%7Cjo-ann%7C14%2F01%2F2014

Prag-skoene uit ons SARIE-winkel

T-Bar Heels Coral en Court Shoes With Ankle Strap Gold

Woven Wedges en Heels With Metal Toe Detail

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM