Styl

Kate Middleton se haarstileerder verklap ...

FOTO Instagram
FOTO Instagram

Die SARIE-span kan net nie uitgepraat raak oor die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, nie. Van haar vriendelike geaardheid tot haar stylvolle modekeuses. Om om nie eens te praat van haar kenmerkende glad en volumeryke drooggeblaasde hare nie. Gelukkig vir ons is die koninklike geheim agter haar begeerlike lokke nou uit!

Embed from Getty Images

In 'n video-onderhoud met die tydskrif People.com verduidelik Kate se haarstileerder van die afgelope tien jaar, Richard Ward, stap vir stap hoe hy Kate se kenmerkende haarstyl, ook bekend as die Chelsea Blow Dry, skep.

Kyk HIER na die video

Ons gunsteling-deel van die onthulling? Die haarborsel wat hy gebruik. Dit lyk sowaar soos 'n prinses-haarborsel uit jou gunsteling-Disney-fliek! Volgens Richard werk die Tangle Angel-haarborsel se dun plastiekborselhaartjies perfek om jou hare deeglik uit te kam sonder om dit ná die tyd plat en staties te laat.

Dié hartvormige haarborsel, Tangle Angel (R299) is ook beskikbaar in SA by uitsoeksalonne, www.tangleangel,co.za en www.retailbox.co.za.

Buiten die oulike haarborsel het Richard ook dié wenke vir Kate se perfek drooggeblaasde kapsel gedeel:

* Die sleutel is om volume by jou haarwortels te skep, sê Richard. Wend voordat jy jou hare begin uitblaas 'n stileringsproduk aan wat spesifiek hiervoor ontwikkel is, soos 'n mousse of sproei.

* Gebruik altyd jou haardroër met die voorste blaaspunt aan wanneer jy jou hare droogblaas. Volgens Richard konsentreer die blaaspunt die hitte op een plek en dit help om kroeserigheid in jou hare te verminder en dit meer glansend te laat lyk.

* Richard gebruik styfgedraaide haarkrullers om die sagte golwe by Kate se haarpunte te skep.

* Pas op om te veel produk op jou hare te wend nadat jy dit uitgeblaas het. Dit kan dikwels jou vars drooggeblaasde hare plat laat lyk.

Bronne:www.people.com, www.allure.com

Monica Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM