Die wêreld se gunsteling-hertogin Kate Middleton het haar begeerlike bruin lokke korter geknip. Kate is vanoggend by die eerste dag van Wimbledon gewaar waar sy met ’n korter skouerlengte-haarsnit gespog het. Sy lyk pragtig, maar ons dink haar hare kan sommer nóg korter gesny word!
Vóór
Ná
Embed from Getty ImagesEmbed from Getty Images
Die geheim agter haar begeerlike hare ...
Kate se hare is altyd perfek en glad uitgeblaas met hope volume. Gelukkig vir ons is die koninklike geheim agter haar begeerlike lokke uit!
In ’n video-onderhoud verlede jaar met die tydskrif People.com verduidelik Kate se haarstileerder van die afgelope tien jaar, Richard Ward, stap vir stap hoe hy Kate se kenmerkende haarstyl, ook bekend as die Chelsea Blow Dry, skep.
Ons gunsteling-deel van die onthulling? Die haarborsel wat hy gebruik. Dit lyk sowaar soos ’n prinses-haarborsel uit jou gunsteling-Disney-fliek! Volgens Richard werk die Tangle Angel-haarborsel se dun plastiekborselhaartjies perfek om jou hare deeglik uit te kam sonder om dit ná die tyd plat en staties te laat.
Dié hartvormige haarborsel, Tangle Angel (R299) is ook beskikbaar in SA by uitsoeksalonne, www.tangleangel,co.za en www.retailbox.co.za.














