Styl

Koop klere met Kim se app!

FOTO Instagram / @kimkardashianwest
FOTO Instagram / @kimkardashianwest

Die koningin van selfies Kim Kardashian het 'n nuwe app, Screenshop, wat die lewe soveel makliker gaan maak vir diegene wat graag 'n mode-item wil koop wat hulle op Instagram gesien het.

Die app, Screenshop, is baie eenvoudig om te gebruik. Jy neem 'n skermgreep (screenshot) van die uitrusting wat jy wil hê en Screenshop vind die items - of iets wat min of meer dieselfde is - vir jou. Die beste van als is dat die app goedkoper en duurder opsies gee en boonop die bedrag in rand omskakel sodat jy dit nie hoef te doen nie. Die enigste ding is die items kom meestal van oorsese kleretakke, dus gaan jy ook invoerbelasting moet betaal. En items van handelsmerke soos Topshop wat wel in Suid-Afrika beskikbaar is, gaan dalk nog nie in plaaslike winkels wees nie as gevolg van die seisoensverskille.

Die app kan gratis afgelaai word op Android- en Apple-toestelle. Só werk Screenshop:

Stap 1: Soek die uitrusting of item op Instagram wat jy wil hê en neem 'n skermgreep.

Stap 2: Die app prosesseer die skermgreep en jy moet net op die foto druk.

Stap 3: Kies die item wat jy wil hê en soek dan die opsie wat jou sak en styl die beste pas.

Stap 4: Druk op die hart en gaan soek die hart-opsie onder.

Stap 5: Die app sal jou neem na die webtuiste waar jy die item kan koop.

Stap 6: Koop die item, maar maak net seker van die invoerkoste en of dit in Suid-Afrika afgelewer word!

Magdel Muller

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM