Vakansie-doendinge: Prakseer snoere, krone en ander kunswerke van al die blomme, blare, sade, takkies en ander wonderlike dinge wat in jul tuin rondlê. Blomsnoere en blaarkrone
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/01/Meisies-met-blomkranse.jpgBlomkranse Jy kan enige tuinblomme vir dié projek gebruik, maar blomme wat soos trompetjies lyk, werk die beste. Ryg die blommetjies aan mekaar deur een punt van ’n stuk dun draad (soos bloemistedraad) deur die kroon en kelk van die blom te druk. Ryg tot die draad vol is en buig toe. WenkKlein kindertjies kan pleks van draad pypskoonmakers gebruik. Blaarkrone Ryg dik blare net soos die blomsnoere hierbo op die draad. Buig en pas die draad tot die omtrek op die kind se kop pas. Bind vas met die draad of ’n pypskoonmaker. Wenk Julle kan die kroon ook met blaarryke takkies maak. Maak die takkies aan mekaar vas met kort stukkies draad of groen pypskoonmakers.
Tooi met takke
Verf lang takke vrolik en pak dit in die vorm van letters teen jou kind se kamermuur om sy naam te vorm. Laat hy terselfdertyd sommer een vir sy beste maat maak.
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/01/Naam-teen-muur.jpg
Hou ’n blomjoernaal
Plant saam met die kinders ’n paar blomsade in die tuin. Hou die saadpakkies in ’n koevert in ’n leë skryfboek en laat die kinders die blomme teken wanneer dit uitkom. Julle kan ook die blomme afdruk of droog en in die joernaal sit.
http://www.huisgenoot.com/wp-content/uploads/2014/01/Blomjoernaal.jpg
Nog dinge om in ’n blomjoernaal te sit
Idees oor tuin maak
Tuinmaakwenke
Lesse geleer
Lys van gunstelingblomme
’n Tuin-wenslys van blomme wat julle nog wil plant
Foto’s
Blom- en tuingedigte Inskrywings oor jul tuinblomme deur vriende Beskrywings van besoeke aan ander tuine ’n Lys van gunsteling-tuinpublikasies Droë sade wat volgende seisoen geplant kan word Superwenk Maak tuinkunsprojekte n aktiwiteit by ’n verjaardagpartytjie.
Bron Huisgenoot Speel Somer 2012/13
Visuele leiding en stilering Tina-Marié Malherbe
Produksie Marianne Burke
Hooffoto Peet Mocke
Modelle Georgia en Zoey van Infinity













