Styl

Kurwes: lyk só sensasioneel

(Magdel Muller)

Wees trots op jou “ekstra” kurwes en fokus vleiende aandag daarop - die lewe is heeltemal te kort vir ’n obsessie oor jou kleregrootte!

Wenke om op jou beste te lyk:

#1 Dra jou grootte

Eerder ’n sexy 38 as ’n ongemaklike 36! Ja, hou op om skaam te wees oor jou grootte. Dis nie grootte wat tel nie, maar oor hoe ’n item aan jou lyf pas.

Embed from Getty Images

#2 Kleur

Bring ’n bietjie kleur in jou lewe! En gebruik kleur om jou beste bates te beklemtoon.

Embed from Getty Images

#3 Kleurblok of meng van patrone

Glo my, dié wenk is goud werd: Hou op wegkruip agter eenkleurige items, want patrone kan jou kurwes mooi beklemtoon.

Embed from Getty Images

#4 Kies jou materiale slim

Vermy bonkige materiale soos breistof.

Embed from Getty Images

#5 Ken jou halslyne

Vermy polonekke indien jy groot borste het. Jou beste opsie is V-neklyne.

Embed from Getty Images

#6 Laaste, maar nie die minste nie: SELFVERTROUE tel!

Wees gemaklik met jou kurwes, moenie skaam wees nie. Selfvertroue is die sexyste ding op aarde!

Embed from Getty Images

Magdel Muller

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM