Sowat twee maande nadat die jongsteKardashian-Jenner-sussie, Kylie, se eersteling gebore is, spog dié 20-jarigemet 'n nuwe haarsnit. Kylie het Sondag op Snapchat 'n foto van haarself gedeelwaar haar hare nou in 'n eenvoudige kort lob gesny is. Dít nadat sy al virmaande haar hare superlank gedra het.
Voor
Ná

Boonop het sy 'n dag later met 'n langblonde kapsel op Instagram gepronk. Die kans is egter groot dat dit net 'npruik is. Kylie is nog altyd lief daarvoor om met haarpruike te eksperimenteeren is al met vurige rooi, pastelblou en neongroen pruike gewaar.













