Styl

Leer iets nuuts oor Louis Vuitton

Louis Vuitton is vandag een van die gewildste modehuise wêreldwyd, maar het jy die volgende geweet?

#1 Louis Vuitton Malletier het in 1837, op die ouderdom van sestien, sy beroep begin deur

kiste te maak.

#2 Die modehuis Louis Vuitton is in 1854 in Parys gestig.  

 #3 Louis se seun, Georges, het die diefbestande tuimelaarslot (tumbler lock) ontwerp.

#4 Louis en Georges het Houdini uitgedaag om te ontsnap uit ‘n kis met hul tuimelaarslot, maar Houdini het geweier om dit te doen.  

#5 Die kenmerkende Louis Vuitton-monogrampatroon is

 in 1896 ontwerp. Dit was hul manier om namaaksels te keer.

#6 Louis Vuitton het in 1914 die

grootste winkel wat bagasie verkoop in Parys oopgemaak. #7 Louis Vuitton-items word vandag nog met die hand gemaak.

#8 Bekendes soos Angelina Jolie, Madonna en David Bowie was al ambassadeurs vir die Louis Vuitton-handelsmerk. Die grootste verassing was toe MichailGorbatsjof,  voormalige president van USSR, gebruik is.

#9 Volgens Forbes is Louis Vuitton onder die top-vyftien handelsname ter wêreld en het dit 'n totale waarde van $28,1 biljoen.

#10 Sedert 2013 is die handelsmerk 19 keer genoem in Kanye West se liedjies.

 #11 Marc Jacobs was vir 16 jaar Louis Vuitton se kreatiewe direkteur (1997 – 2013)

#12 Nicolas Ghesquière is vanaf 2013 die hoofontwerper van Louis Vuitton.  

#13 Louis Vuitton het 'n tas ontwerp waarin die trofee van 2015 se FIFA- Wêreldbeker vervoer kan word.

Saartjie

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM