Styl

Lipring vir Kim Kardashian?

Die koningin van selfies Kim Kardashian het nie net met ’n paar hoepeloorbelle opgedaag by ’n glansgeleentheid in Los Angeles nie. Nee, Kim het met ’n nuwe piercing gespog en dis nie in haar oor nie. 

Kim het ’n naaswit, noupassende skouerlose rok na die geleentheid vroeër die maand gedra. En vir eens het sy nie te veel lyf gewys nie. Maar sy het dit ’n subtiele Kim-twist gegee deur ’n lipring te dra.

Embed from Getty ImagesEmbed from Getty Images

Ons is nie seker of dit nou ’n regte lipring is of net een wat jy aanknip nie. Maar met Kim is daar altyd ’n verrassing of twee.

Wat dink jy van dié lipring?

Lees nou

Lady Gaga kry toe nie die rol nie

Die 10 gelukkigste lande is …

Wen-kombinasie: Jeans en ’n rok

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM