Of dit nou die 60's, 70's of selfs die 80's is, elke dekade maak iewers weer sy verskyning op die modeplanke en in die klerewinkels. Dit lyk of die 90's steeds koning kraai vanjaar. En ons praat nie net van chokers nie. Daar is agt trends wat jy moet dophou.
Die Von Dutch-kep
Kylie Jenner neem gereeld selfies met haar Von Dutch-kep op.
Fluweel-sweetpak
Kylie is net so mal oor hierdie 90's-trend. Sy dra ’n swart fluweel-sweetpak van Juicy wat perfek is vir ’n luilekker dag by die huis. En met die regte bykomstighede is dit selfs geskik om mee winkels toe te gaan.
Laaggesnyde jeans
Die model Emily Ratajkowski stileer haar laaggesnyde jeans met ’n kort toppie. Sy het natuurlik die lyf vir hierdie uitrusting!
Die pofromp
Selena Gomez is vroeër vanjaar in die einste romp gesien by die InStyle-toekennings.
Blink mini-rokke
Kendall Jenner laat die koppe draai met die perfekte blink mini-rok.
Mikro-handsakke
Ideaal vir ’n aand uit!
Ugg-stewels
Te danke aan die model Rosie Huntington-Whiteley is gemaklik wees weer stylvol.
Opryg-broek
Britney Spears, die prinses van pop, se ikoniese opryg-broek maak ’n terugkeer.
Kry soortgelyke 90's-geïnspireerde items hier:













