Styl

Mandy Moore is verloof

Daar's nie net ooievaarsnuus uit Hollywood nie, trouklokke word ook gehoor! Die This Is Us-ster Mandy Moore is verloof.

Haar medester in die TV-reeks Chris Sullivan het die nuus teenoor ET Online bevestig. En wie is die man wat Mandy se hart gesteel het? Taylor Goldsmith, ’n Amerikaanse musikant.

Mandy en Taylor is al sedert 2015 ’n paartjie.

Die SARIE-modespan is mal oor Mandy se "ou" Hollywood-styl. Kyk net hierdie pragtige uitrustings:

Vroeër vanjaar het Mandy en die hertogin van Cambridge, Kate Middleton, dieselfde rok gedra. Gelukkig was dit nie na dieselfde geleentheid nie! Mandy het haar rok nege maande later gedra en dit was blou, nie rooi nie. En nes Kate het sy baie stylvol gelyk.

FOTO Instagram

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM