Die Franse aktrise Marion Cotillard het vandeesweek by die Milaanse Modeweek met nuwe blonde hare gespog.
Die 41-jarige ma van twee is onlangs in die Italiaanse modestad gekiek waar sy met haar nuwe goudblonde hare, wat effens donkerder by haar haarwortels is, spog.
Sy is gister ook afgeneem, maar toe het Marion haar nuwe lokke in vier speelse bokser-vlegsels gedra.
Ons is mal oor hoe sy die gemaklike vlegsels en haarkleur met rokerige oë en 'n elegante liggroen broekpak gekombineer het.
Dié seisoen geniet blonde hare weer 'n tyd in die kollig, het Lesley Jennison, internasionale hoof van kleur vir Schwarzkopf Professional, by 'n onlangse mediageleentheid in Johannesburg gesê. "Blond is altyd 'n gewilde kleur vir die lente omdat dit vars, vrolik en prettig is." Lees hiér meer oor lente se grootste haarkleur-trends.













