Styl

Mode: Die mooiste van ’n ewige somer

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Blouer as blou

Wees op die uitkyk vir helderkleurige bykomstighede vir 'n verfrissende aanslag op die eenkleurige eenstuk.

Blou strooihandsak (R299), Me&B. Blou patroonserp (R270), Lovisa. Beige visnettop met blinkers (R899), Zara. Wit eenstuk van katoen met vallemoue (vanaf R920), Pretpakkie. Silwerkleurige haksandale (R579), Woolworths. Foto: Leana CR

GROOTTES

Top: S - L

Eenstuk: S - XXL

Sonstraaltjie

'n Gemaklike benadering met glansryke aksente is hoe ons hierdie somer in die moet-hê-snyerskortbroek wil lyk.

Geel snyerskortbroek van herwinde poliëster (R769), Zara. Wit katoenbloes (R429), H&M. Goue bytjie-halssnoer met kunspêrels en diamanté-detail (R300), Lovisa. Foto: Leana CR

Broek: XS - XXL

Bloes: XS - XL

Uitgepof

Kry 'n groot dosis sonskyn in 'n prettige suurlemoenpatroonrok met die pofmou waarvan modeliefhebbers net nie genoeg kan kry nie.

Lospassende kort suurlemoenpatroonrok (R950), Mareth | Colleen. Diamanté-oorbelle (R400), Lovisa. Ligpienk oorgroot sonbril (R3 880), Burberry by Sunglass Hut. Foto: Leana CR

Rok: XS - L

Vrolike draai

Wie wil nou nie draai en swaai in 'n lospassende maksirok nie? Dié somer se staatmakerrok is vroulik en vir daardie ekstra oemf is blinkers en hakskoene perfek.

Lospassende blou-en-wit patroonmaksirok van viskose-mengelstof (R999), Me&B. Blokhakskoene van wit kunsleer en kunshout (R599), Woolworths. Oranje-en-silwer blinker-palmhandsak met kettingband (R899), Zara. Foto: Leana CR

Rok: 32 - 46

Op goeie voet

Sit 'n tikkie Spaanse flair by 'n someruitrusting met niks anders as 'n gemaklike espadrille-skoen nie. En wat is beter as een wat ook die groot denimtrend verteenwoordig.

Wit-en-blou gestreepte hemp van linnemengelstof (R499), Foschini. Oranjegeel kort top van linnemengelstof (R379), H&M. Roomkleurige gebreide katoenromp met kant onder (R1 299), Zara. Denim-espadrilles (R399), Foschini. Foto: Leana CR

Hemp: XXS - XXL

Top: XS - XL

Romp: S - L

Salig in die son

Laat die klassieke denim-en-T-hemp-kombinasie skitter met 'n blinkerbaadjie. Die perfekte staatmaker vir daardie koeler someraande.

Blinkerbaadjie (R1 999), Zara. Wit-en-oranje gestreepte katoen-T-hemp (R189), Foschini. Denim-midi-romp (R459), Foschini. Foto: Leana CR

Baadjie: XS - L

T-hemp: XXS - XXL

Romp: 10 - 28

Knus omvou

'n Knoop- of ritstrui is soos 'n drukkie, ook vir somer. Van skoolmeisiestyl tot informele gemak, omvou jou in 'n liggewigtrui met interessante detail.

Roomkleurige toeritstrui van katoen (R1 699), Zara. Vlootblou patroon-eenskouertop van herwinde poliëster (R199), H&M. Silwerkleurige maksiromp van lurex (R699), Luella by Foschini. Blou haarstrik as borsspeld (R240), Lovisa. Verskeidenheid goue ringe (vanaf R250), Lovisa. Foto: Leana CR

Trui: S - L

Top: XS - XL

Romp: XS - XL

Kuns om te dra

Niks sê sorgelose somer soos 'n aangliprok nie, maar gee dit daardie tikkie interessantheid met kunsvlyt-items van hekel- of macramé-werk.

Oranje aangliprok van mengelstof (R379), Foschini. Roomkleurige macramé-top van mengelstof (R1 099), Zara. Blou-en-naaswit satynserp (R249), Woolworths. Foto: Leana CR

Rok: XXS - XXL

Top: M

Model Bianca Luzzel Bezuidenhout van The Circle Model Management

Grimering en hare Andrea van den Houten van Supernova Management

Assistent Garth Dahl

Deur: Amaria Carstens & Mode-assistent: Marzanne Schoeman

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM