Styl

Mode: Wit, witter . . . wen!

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Roomkleurige chiffonkant-wyepypbroek met spleet (R1 800), Ruff Tung. Naaswit tweedbaadjie met kralewerk (R2 599), Zara. Wit eenstuk van katoenmengelstof (R199), Woolworths. Naaswit kunsleer-blokhakskoene met hakbandjie (R699), Foschini. Foto: Cass Co

Tweed en kant

'n Tweedbaadjie is 'n moet-hê in jou kas. Saam met 'n wyepyp-kantbroek is dit vroulik en sensueel. Ouer vroue kan steeds die voorkoms geniet deur 'n wit spanbroek onder die kantbroek te dra.

Treffer-hemp

Wit organzahemp (R769), Zara. Naaswit 1950's-styl romp van growwe kant (R999), Luella by Foschini. Diamanté-halssnoer (R150), Queenspark. Strooihoed met wit strik (R299), Woolworths. Foto: Cass Collett

Een van die nederigste items in jou kas, die wit hemp, is luuks en sensueel met deursigtige organza - hier by die moue en agterkant. Dis 'n treffer saam met 'n klassieke 1950's-romp tot 'n broekpak.

Waag 'n bietjie

Naaswit blinker-potloodromp (R679), Zara. Kort wit top met strik van katoen (R599), Luella. Naaswit oopknooptrui (R599), Woolworths. Naaswit kunsleer-blokhakskoene met hakbandjie (R699), Foschini. Foto: Cass Collett

Skitter in wit met 'n blinker-potloodromp. Die romp is 'n wenner van dag tot aand. Dra dit saam met 'n bloes of hemp, of as jy bietjie meer wil waag, met 'n kort top.

Snyerspak

Naaswit kortbroek van poliëstermengsel (R499) en bypassende baadjie (R799), Foschini. Naaswit satyn-haarstrik op baadjie vasgespeld (R139), Woolworths. Foto: Cass Collett

Klassieke eenvoud kraai koning met hierdie kortbroekpak. 'n Snyersbaadjie deurstaan mode se toets van tyd en beweeg naatloos van een uitrusting tot 'n volgende.

Uitblinker

Silwer blinkertop wat ook as baadjie kan dien (prys op aanvraag), Ruff Tung. Naaswit slooprok van katoenbreistof (R1 099), Poetry. Foto: Cass Collett

Blink uit in 'n eenvoudige wit slooprok deur metaalkleure soos silwer of goud daarmee saam te dra. Blinkers is die glans vir jou skilderdoekwit.

Broderie anglaise

Wit wyepypbroek van broderie anglaise (R1 100) en bypassende baadjie met belt (R1 100), Ruff Tung. Moulose noupassende wit top (R299), Old Khaki. Wit kunsleer-espadrille met wighakke (R549), Woolworths. Foto: Cass Collett

'n Broekpak kry 'n nuwe baadjie in die somer se moet-hê-tekstuur: broderie anglaise. Van informeel saam met 'n moulose top tot treffend vir die kantoor met stylvolle hakke.

Een vir jou

Vollengte wit rok van katoen (R1 099) en beige visnettop met diamanté-detail (R899), Zara. Beige balletstyl-gaasskoene met diamanté-detail (R499), Woolworths. Roomkleurige kunspêrel-en-diamanté-handsak (R999), Poetry. Foto: Cass Collett

As daar een rok is wat jy dié somer moet koop, is dit 'n wit een. Kies uit vele snitte en materiale, daar is een vir elke vrou.

Vroulike valle

Naaswit vallebloes van poliëster (R899) en verskeidenheid van ringe (vanaf R79 elk), Queenspark. Goue blaaroorbelle (R300), Lovisa. Foto: Cass Collett

As deel van die Girlcore-trend was strikke tot valle oral te sien op die loopplanke. Rond 'n uitrusting vroulik af met 'n vallebloes.

Dankie

Spesiale dank aan Mildie Malan vir die gebruik van haar pragtuin en vir haar gasvryheid. Vir meer inligting, kontak

mildie@malanfruit.co.za

Mode-assistent Jancke Potgieter

Model Ariël van Heerden van Ice Models

Grimering en hare Mary Gouveia van Lustre

Grimering-en-hare-assistent Vanja Pienaar

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM